Oop vir die oomblik

In hierdie 10 Bybelstudies sal jy ontdek wat die Here ons wil leer: Daar is net een plek waar ons kan leef – in die teenwoordige tyd. Die Here wag daar vir ons en hou ons toekoms in sy hand sodat ons kan tuis wees waar ons nou is.

Genooi om te volg

Kom ervaar die lewe van die aardse Jesus. Hierdie gespreksgids wil ons help om meer oor Jesus en ons beeld van Hom na te dink. Dit wys vir ons hoe om Hom al meer in ons lewe in te laat en Hom te volg in alles wat ons doen.

Keuses wat jou iets kos

In dié Bybelboek Rut lees ons van gewone mense wat in die alledaagse dinge hulle geloof op ’n besonderse manier uitgeleef het. Hulle wys vir ons dat geloof in God ons lewe verander!

Moed om mens te wees

Leer om met waagmoed te leef in die tyd en ruimte wat God vir jou gee. In hierdie Bybelstudie vir groepe kyk ons na ’n ongewone gesin, Marta, Maria en Lasarus, en hulle ontmoetings met Jesus.

Daniël: Die heerskappy behoort aan God

Wie ken nie die verhale van Daniël en sy drie vriende, van die brandende oond, en die leeukuil nie? Kom reis saam deur al twaalf hoofstukke van hierdie Bybelboek om te leer hoe om soos Daniël te leef.

In Christus is ons hoop

Wees ’n hoopdraer en volhard in jou geloof. Hierdie boek sal jou geloof opnuut anker en jou motiveer om met liefde en hoop voluit te leef. Kom, vind jou hoop in Christus met ons 8-weke-saamreisgids.

In Christus saam op pad

Waar jy ook al loop, daar is Jesus saam met jou. Hierdie gids help ons verstaan dat ons saam met en in Jesus Christus op reis is en dat ons onlosmaaklik aan mekaar verbind is.

X

Teken in op ons nuusbrief

Open chat
Scan the code
Hello 👋
Kan ons jou help?
My cart
Your cart is empty.

Looks like you haven't made a choice yet.