BOEK: Ek weet dit alte goed (Nico Smit)

Nico Smit se boek: Ek weet dit alte goed

Leef met die wete dat jy wonderlik geskep is.

’n Bundel hartstories deur Nico Smit

In Ek weet dit alte goed neem Nico Smit sy lesers op reis deur al die ervarings wat ons lewe inkleur. Met Psalm 139 as ankerteks vertel dié jong dominee openlik en eerlik hoe hy die lewe beleef én leer om vir homself te lag. 

Nico Smit se hartstories sal jou soms laat huil en ander kere heerlik laat lag. Dit sal jou inspireer en nuwe hoop gee. Die boeiende woordsketse getuig van ons weerloosheid maar ook van ons as die kroon van God se skepping en van ons wat so wonderlik aanmekaargeweef is deur die God wat mag en krag het, maar wat ook nader aan ons is as ons eie vel. 

Met elke woord en elke storie leer hierdie boek jou dat jy wonderlik deur ons Hemelse Vader geskep is en dat Hy ’n groot plan het vir jou lewe. Mag elke storie vir jou hoop bring en jou toevou in God se wolkombers sodat jy sagkens kan leef in hierdie harde wêreld.

Die 8 afdelings van hierdie boek

Deel 1: Here, U sien dwarsdeur my

Onthou dat God altyd weet wat in jou lewe gebeur, die goeie én die slegte dinge. Hy sien dwarsdeur elkeen van ons. Hy ken ons binneste en bekommernisse. Hy is die rede waarom ons oukei kan wees en weer die nuwe seisoene van die lewe kan aanpak. Met hierdie hoofstuk leer jy om jou eie eerlike self te wees en jou vrede by God se voete te vind.

Hierdie deel bestaan uit die volgende sewe stories: 

  • Ek dink vanaand aan jou
  • Alles is nie jou skuld nie
  • Innerlike vrede
  • 21 lesse wat die lewe my geleer het
  • Bless you!
  • Om oukei te wees
  • Seasons in the sun

Deel 2: U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom

Ons kan toelaat dat haat, woede en kwaadheid ons harte vul óf ons kan die Gees van vrede op ons laat neerdaal. As gelowiges kom ons hierdie keuse teë in alledaagse situasies. Kom leer hoe om jou gedagtes op die Here te fokus en te dink op maniere wat tot eer van Hom is.

Hierdie deel bestaan uit die volgende sewe stories:

  • Die man wat deur my vrou raakgesien is
  • Om klippe te gooi
  • As jy ’n waarborg wil hê, koop ’n yskas
  • Om tranerig voor die Here te staan
  • ’n Storie oor ’n huisie
  • Ek weet nie altyd waaroor om te skryf nie
  • Toiletpraatjies

Deel 3: U omsluit my van alle kante

God is altyd daar. Hy stap saam met jou op die pad van jou lewe en Hy hou jou veilig in Sy Hand vas. Hy veg saam met ons in die tye waarin ons leef. Hy omsluit jou van alle kante en in elke aspek van jou lewe is Hy aan jou sy. Sien jy altyd God se Hand in jou lewe raak?

Hierdie deel bestaan uit die volgende agt stories:

  • Gebroke Christus
  • Een Skepper-God
  • Daar is nog altyd ’n God
  • ’n Standhoudende Stroom
  • ’n Pad saam met Jesus
  • Om in liefde of vrees te leef
  • ’n Gesprek oor ’n bed
  • Rehab

Deel 4: U het my gevorm

Jou lewe is vir God belangrik. Hy het jou gevorm nog voordat jy gebore is en Hy het jou wonderlik geskep. As jou gedagtes reg ingestel is, sal jy God en sy wonderdade al hoe meer beleef. Kom lees Nico Smit se hartstories en besef hoe God jou nogsteeds elke dag vorm.

Hierdie deel bestaan uit die volgende ses stories:

  • Gee daardie plant water!
  • Tien lesse wat my uitkyk verander het
  • O … vet!
  • Vroue is soos edelstene
  • Alle lewens maak saak
  • Ek en jy is die verandering

Deel 5: U het my al gesien toe ek nog ongebore was

Die God wat lewe gee hou baie van jou, gee baie vir jou om en wil jou ontmoet, dra en seën waar jy is. Voordat jy gebore is, was God al oneindig vir jou lief. Sy roeping vir jou is groot. Lees hierdie hoofstuk se geselsstories en leer hoe om in God se eie beeld jou lewe voluit te leef.

Hierdie deel bestaan uit die volgende sewe stories:

  • Liewe Mamma
  • Soos kanker
  • Grace makes beauty out of ugly things
  • God like jou
  • Om lui te wees het sy prys
  • Dit kon seker erger gewees het
  • Of ek eet en of ek drink

Deel 6: Hoe wonderlik is U gedagtes vir my

Kom sit vir ’n oomblik by God se voete. Dis baie rustiger daar as midde-in die geraas van die wêreld. Dis ook veiliger, want God het net goeie gedagtes oor jou. Hy sien die beste in jou raak en tog het Hy steeds die slegste dele van jou net so lief. Kom leer hoe om elke dag meer bewus te wees van hoe naby God regtig aan jou is en hoe lief Hy ook vir jou is.

Hierdie deel bestaan uit die volgende sewe stories:

  • Vrede en rus by ons Herder-Vader
  • God is ons grond
  • Net een ware Swart Vrydag
  • Genade
  • Gelukkig om deur God gedra te word
  • As die deure en vensters toe is
  • Hoe ruik God?

Deel 7: Ondersoek my, sien tog my onrus raak

Mag die Here jou vandag kom verseker van sy liefde, omgee en sorg. Mag Hy jou gerusstel dat Hy by jou, saam met jou en in jou is en dat Hy jou nooit alleen sal laat nie (ook nie as die lewe jou oorweldig nie). In elke oomblik sien God jou onrus raak en Hy sal jou gerusstel. Kom lees hoe Nico Smit juis hierdie vrede in sy alledaagse lewe ontdek het. Dit sal jou verwonderd laat.

Hierdie deel bestaan uit die volgende sewe stories:

  • Gepuzzle
  • Die brandstofprys
  • God praat
  • Spoedkaartjie
  • Danig smart
  • T’s & C’s apply
  • Wonder

Deel 8: Lei my op die beproefde pad

Ons stories vorm ons en bepaal uiteindelik wie ons is. God het na die wêreld gekom om elkeen te vind wat na Hom soek. Sy storie word ons storie, en dit verander ons lewe. Kom leer hoe om saam met God te stap op die pad van die lewe wat na Sy ewige koninkryk lei.

Hierdie deel bestaan uit die volgende ses stories:

  • Op ’n goue paadjie
  • Katoliek
  • Messias of McJesus?
  • Not my monkey, not my circus
  • Aitsa!
  • Vyf minute vir jouself

Kom ontdek hoe wonderlik God jou geskep het! Begin nou hierdie boek lees: Ek weet dit alte goed (deur Nico Smit)

Klik hier om nou jou boek te koop.

X

Teken in op ons nuusbrief

Open chat
Scan the code
Hello 👋
Kan ons jou help?
My cart
Your cart is empty.

Looks like you haven't made a choice yet.