Leef lig met ’n hart sonder heinings.
’n Bundel rubrieke deur Fourie Rossouw
Dis asof die son in jou hart opkom wanneer jy Fourie Rossouw se skryfwerk lees. Dit is innig warm met die gloed van ’n duisend moontlikhede.
Ligvoets is ’n onopgesmukte boek en het ’n herkenbaarheid wat jou intrek en sommer met die intrapslag laat tuis voel. Deur die egtheid en eerlikheid van sy rubrieke beleef jy die soet melancholie van die lewe, maar dit is nooit sonder ’n skeut blymoedigheid daarby nie. Dit is ook asof Fourie se skryfwerk nie op papier eindig nie maar nog lank in jou hart bly talm. Soos die goue gloed van ’n sonsopkoms.
Geniet hierdie keur van rubrieke deur ’n knap skrywer, storieverteller en predikant. Met elke storie sal jy leer hoe om ligvoets te lewe in ’n wêreld wat soms donker voel.
Fourie Rossouw se rubrieke-bundel
Hoe leef ’n mens ligvoets in ’n wêreld wat swaar op ons skouers rus? Hoe keer ons onsself om heinings rondom ons harte te bou?
Met hierdie boek vol wonderlike alledaagse verhale leer Fourie Rossouw vir jou hoe om die goeie dinge in die lewe raak te sien. Hy herinner ons om sagter te trap, ligter te leef en God te eer in alles wat ons doen.
Hierdie bundel bestaan uit die volgende 30 rubrieke:
- Heininglose harte
- O genade, daar groei ’n gogga op my!
- My broer se Valentyn
- Om by die kerk te mag speel
- Die mense van die ou aarde
- Van die pad af
- Johannes se geheim
- Paasfees het nie ’n dress code nie
- In visplakkies tot by die Maltese Kruis
- Ons planne
- Huis-huis
- Vryspring
- Die helder kleur van hoop
- ’n Kans vir ’n dans
- Wie is jy vir ’n lewe?
- Om in plakkies te preek
- Hoe ver kan ’n appelboom gooi?
- Sonde met die bure
- Stinkryk
- Dawid en Groot Jesus
- ’n Protes van ’n ander kleur
- Munisipale water in die doopvont!
- Kinderspeletjies
- Genade ruik soos vla
- Te goed vir woorde
- ’n Planter van duisend bome
- Vuil Hasie se transformasie
- Genadewater in grendeltyd
- Die jaar van die koekstruif
- Merry Christmas, Sir!
Leer hoe om ligvoets te lewe in ’n wêreld wat soms donker voel. Begin nou hierdie boek lees: Ligvoets: Vir harte sonder heinings (deur Fourie Rossouw).