BOEK: My hart se baie punte (Lizette Murray)

Lizette Murray se boek: My hart se baie punte

Hartstories vir elke ma wat die lewe soos huis laat voel.

’n Bundel kortverhale deur Lizette Murray

Wanneer jy Lizette Murray se skryfwerk lees, word al jou sintuie betrek. Maar dis veral jou hart wat sy aanraak. Met My hart se baie punte vang Lizette doodgewone momente in haar lewe in woorde vas. Sy put inhoud uit die bekende: haar saamleef met haar geliefdes, haar kinders, haar kleinkinders en ander kosbare mense wat haar oor haar pad kom.

Lizette raak jou keer op keer diep aan met haar lewenswysheid, haar fyn insig in die harte van ander, haar geloof, haar liefde vir mense en die besonderse manier waarop sy die wêreld waarneem en dan in woorde weergee.

Mag hierdie bundel skryfwerk jou vars en nuut laat kyk, soos ’n kind. Jy sal jou opnuut kan verlustig in die klein dingetjies en met eenvoud na die lewe kan kyk.

Lizette Murray se bundel skryfwerk

Met meer as 60 kortverhale is haar nuwe bundel vol hartstories wat elke ma sal laat lag, huil en haar kop instemmend knik. 

Van haar seuns se gunsteling koffiebekers tot haar eie stories as a kind, Lizette Murray se nuwe boek bied baie wysheid en insig oor die harte van die mense naaste aan ons. Haar beste raad? Om te leef soos kinders doen! Eerlik, met oorgawe en in die oomblik. Met elke verhaal wat jy lees, leer jy om die klein dingetjies in die lewe te koester. Met ’n klomp stories oor familie en propvol waarhede oor die lewe is hierdie bundel definitief bo-aan ons lys van gunsteling Christelike boeke vir elke ma!

Kom leer hoe om die klein, alledaagse dinge te koester. Begin nou hierdie boek lees: My hart se baie punte (deur Lizette Murray).

Klik hier om nou jou boek te koop.

X

Teken in op ons nuusbrief

Open chat
Scan the code
Hello 👋
Kan ons jou help?
My cart
Your cart is empty.

Looks like you haven't made a choice yet.