In Ligland is almal welkom om die lewe in hulle uniekheid te omarm, van klein tot groot. Hier word lig, lag, en liefde gekoester. Die kleurryke karakters neem ons op ‘n avontuur deur die lewe, waar ons gesels oor die moeilike dinge, uitdagings, en ons geloof. Ligland inspireer ons:
  • Om nuwe perspektiewe oor ons ervarings te ontdek.
  • Om ooplik met mense van alle ouderdomme te gesels.
  • Om ons emosies te omhels.
  • Om ouers te bemagtig om met hul kinders te praat, oor enige uitdagings en opwindende geleenthede.
  • Om kinders se eie reis te ondersteun en te bevestig. Hier is jy deel van die avontuur!
Welkom in Ligland, waar die kleurryke karakters jou lei deur die lewe se uitdagings. Ontdek lig, lag, en liefde saam!

KOOP HIER JOU BOEK

R75,00

Sofia en die grot: Kyk in die oë van die mense vir wie jy lief is

R75,00

Die klip in Lisa se borskas: Die liefde gaan nooit weg nie

R75,00

Ben en die drakie: Hoe om jou drakie mak te maak

R75,00

Kolle en die gif: Die liefde is sterker as bangwees

R75,00

Sophia and the cave: Look into the eyes of the people you love

R75,00

The stone in Lisa’s chest: Love never goes away

R75,00

Ben and the dragon: How to tame your dragon

R75,00

Spot and the poison: Love is stronger than fear
Hier is almal welkom, ja, kinders van alle ouderdomme wat die lewe met oorgawe leef. Dit beteken ons leef met lig, lag en liefde. Ligland se kleurvolle karakters begelei ons deur die lewe. Hulle help volwassenes en kinders om oor moeilike onderwerpe, die uitdagings van die lewe en geloof te gesels. Só help die stories wat in Ligland afspeel ons:

  • Dit gee aan ons nuwe maniere om oor die ervarings in ons lewe te dink.
  • Dit ontsluit gesprekke tussen mense van verskillende ouderdomme wat dalk nie mooi weet hoe om met mekaar oor iets te praat nie.
  • Dit moedig emosionele integrasie aan.
  • Dit bemagtig ouers om met kinders oor moeilike ervarings én opwindende moontlikhede te gesels.
  • Dit gee aan kinders die kans om hulle eie ervarings te verken.
  • Dit bevestig aan kinders dat hulle ervarings geldig is.
Dit is lekker om jou hier te hê.

LISA

Lisa is agt jaar oud. Lisa hou van fietsry en sy tel graag mooi klippies op. Lisa bly saam met haar boetie, Ben, by hulle mamma.

BEN

Ben is 6 jaar oud. Ben teken graag bome. Ben en sy sussie, Lisa, is in dieselfde skool.

OUMA

Ouma is ’n wyse vrou en sy is baie lief vir Lisa en Ben. Ouma luister altyd as hulle met haar wil praat oor iets wat hulle pla.

KOLLE

Op ’n dag het Mamma en Ouma vir Lisa en Ben verras! Hulle het vir Kolle huis toe gebring. Lisa en Ben speel graag met Kolle in die parkie.

SOFIA

Sofia die Uil is baie oud. Sofia is ook baie wys. Sy het skerp oë wat selfs in die donker goed kan sien. Sofia kan dinge sien wat ander nie kan sien nie.
X

Teken in op ons nuusbrief

Open chat
Scan the code
Hello 👋
Kan ons jou help?
My cart
Your cart is empty.

Looks like you haven't made a choice yet.