Blog

Wie is Bybelkor

Bybel-Media ontwikkel sedert 1972 Bybelstudies van hoë gehalte. Deur die jare heen het die span hulle kundigheid geslyp om ’n betroubare bron te word vir individue en groepe wat hulle insig in God se Woord wil verdiep.

Wanneer Jesus vrae vra

Wat gebeur wanneer Jesus begin vrae vra? In hierdie Bybelstudieboek ontdek ons die 46 vrae wat Jesus in die Johannes-evangelie vra. Kom leer hoe om Jesus se antwoorde aan te hoor en dit in jou lewe uit te leef.

Mosaïek van Maria

Kom ervaar die verhaal van Jesus se moeder. In hierdie Bybelstudieboek gaan ons ’n pad van 2 000 jaar saam met Maria stap. Ons leer hoe Maria deel van God se plan was, en hoe jy ook ingeweef is in God se verhaal.

Verby ons gedagtes

Hoe sien ons vir God? Wat is ons idee van Hom? Hierdie boek wil ons help om na ons prentjies van God te kyk; om die gesonde prentjies te voed en om die ongesondes te laat los. Kom leer wie God regtig is.

Oop vir die oomblik

In hierdie 10 Bybelstudies sal jy ontdek wat die Here ons wil leer: Daar is net een plek waar ons kan leef – in die teenwoordige tyd. Die Here wag daar vir ons en hou ons toekoms in sy hand sodat ons kan tuis wees waar ons nou is.

Genooi om te volg

Kom ervaar die lewe van die aardse Jesus. Hierdie gespreksgids wil ons help om meer oor Jesus en ons beeld van Hom na te dink. Dit wys vir ons hoe om Hom al meer in ons lewe in te laat en Hom te volg in alles wat ons doen.

Keuses wat jou iets kos

In dié Bybelboek Rut lees ons van gewone mense wat in die alledaagse dinge hulle geloof op ’n besonderse manier uitgeleef het. Hulle wys vir ons dat geloof in God ons lewe verander!

Moed om mens te wees

Leer om met waagmoed te leef in die tyd en ruimte wat God vir jou gee. In hierdie Bybelstudie vir groepe kyk ons na ’n ongewone gesin, Marta, Maria en Lasarus, en hulle ontmoetings met Jesus.
X

Teken in op ons nuusbrief

Open chat
Scan the code
Hello 👋
Kan ons jou help?
My cart
Your cart is empty.

Looks like you haven't made a choice yet.