Aardewurm, Tydboom en die Springmat

R70,00

Fia is ’n intelligente, nuuskierige meisie op soek na sekerheid in ’n onseker wêreld.

Johan is ’n avontuurlustige seun op soek na sy plek en doel in die lewe.

Hulle ontmoet vir Aardewurm, ’n oranje wurm met pienk oë wat kan praat en met sy Tydboom deur tyd en ruimte kan reis. Aardewurm het ook ’n Springmat, maar hy het sy Springmat se vere (springs) verloor omdat hy baie bekommerd begin raak het oor die toekoms.

Saam gaan hierdie drie avontuursoekers op reis deur die verhale van die Bybel, op soek na Springmat se sewe vere … én na geloof, hoop en liefde.

Aardewurm, Tydboom en die Springmat is spesiaal vir kinders van 9-12 jaar oud geskryf met die doel om spontane gesprekke oor geloof los te maak. Diep geloofsvrae, waarmee jonk en oud worstel, word op ’n verstaanbare, opwindende en humoristiese manier aangepak.

SKU: 9781991234179 Categories: , , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: ’n Reis deur tyd en ruimte op soek na geloof, hoop en liefde

FORMAAT: A5 Boek

AANTAL BLADSYE: 60

OPSOMMING: Fia is ’n intelligente, nuuskierige meisie op soek na sekerheid in ’n onseker wêreld.

Johan is ’n avontuurlustige seun op soek na sy plek en doel in die lewe.

Hulle ontmoet vir Aardewurm, ’n oranje wurm met pienk oë wat kan praat en met sy Tydboom deur tyd en ruimte kan reis. Aardewurm het ook ’n Springmat, maar hy het sy Springmat se vere (springs) verloor omdat hy baie bekommerd begin raak het oor die toekoms.

Saam gaan hierdie drie avontuursoekers op reis deur die verhale van die Bybel, op soek na Springmat se sewe vere … én na geloof, hoop en liefde.

Aardewurm, Tydboom en die Springmat is spesiaal vir kinders van 9-12 jaar oud geskryf met die doel om spontane gesprekke oor geloof los te maak. Diep geloofsvrae, waarmee jonk en oud worstel, word op ’n verstaanbare, opwindende en humoristiese manier aangepak.

Aardewurm, Tydboom en die Springmat is geïnspireer deur Andries Cilliers se boek Onder die blaredak: Verwonderd oor die gawe om te kan glo. Lesers wat wonder of geloof ooit sin maak, of wat hulle wil verwonder oor die lewe en liefde wat ons deur geloof ontdek, of wat dieper wil dink oor hulle geloof, kan gerus ook hierdie boek lees. Só kan verskillende generasies saam verwonderd staan oor God en geloof.

HOE OM DIE BOEK TE GEBRUIK:

Jy kan hierdie boek op verskeie maniere gebruik. Hier is ’n paar voorstelle:

  • Kinders kan die storie van Johan, Fia en Aardewurm self lees om te ontdek hoe en hoekom ons in God glo.
  • Ouers kan die stories vir of saam met hulle kinders lees. Die gesin kan dan saam oor die vrae gesels en die aktiwiteite saam doen. Dit sal die kinders op hulle geloofsreis help as hulle ouers saamgesels oor die vrae.
  • Die stories kan voorgelees word vir kategesegroepe of by ander kinderbyeenkomste. Die kinders kan dan in kleingroepe saamgesels oor die vrae wat by elke hoofstuk gegee word en die aktiwiteite saam doen.

Elke hoofstuk van Johan, Fia en Aardewurm se storie het ’n Bybelverhaal wat daarmee saamgaan. Die spesifieke Bybelverhaal kan as vertrekpunt gebruik word. Die stories is dan aanvullend tot die Bybelverhale en help die kinders om verder oor die Bybelverhale te dink.

INHOUD:

’n Woord vooraf

Meer oor die skrywers

  1. Ontmoeting in die parkie
  2. Die kleinste wurmpie
  3. Die grootste spiraal
  4. Onder die wildevyeboom
  5. ’n Anderste soort boom
  6. Die geel lig in die pad
  7. Die boom van die toekoms

SKRYWER: Siegfried Louw is predikant, spelterapeut en ‘n begeleier van ander predikante. Hy hou van kreatiwiteit in kinderbediening en sy twee kinders is sy eerlikste kritici.

Tinus van Zyl is ’n dominee en die pa van twee dogters. Tinus het al ’n ander kinderboek geskryf, Die avonture van Maria en Braam.

Marileen Steyn weet nie elke dag heeltemal wat sy doen nie. Sy weet ook nie elke dag heeltemal hoe om te glo nie. Maar sy hou aan soek. Soms alleen, soms saam met ander mense en soms saam met ’n Aardewurm.

You may also like…

  • Onder die blaredak

    R160,00
    Add to cart
    R160,00

    Kom kuier saam ‘Onder die blaredak’ en ontdek die wonder van geloof.

    Hierdie boek is nie net ‘n reis deur geloof nie, dit is ‘n uitnodiging om te verwonder oor die diepte van die menslike gees en die skoonheid van geloof.

    Elke bladsy is ‘n venster na ‘n ryker lewe van geloof en liefde. Of jy nou vrae het oor jou geloof of net wil ontdek wat geloof werklik beteken, hierdie boek bied antwoorde en inspirasie.

    Kom saam op hierdie opwindende reis en laat ‘Onder die blaredak’ jou hart vul met die vreugde van geloof. ***

    Add to cart
    Kyk gou