Description
SUBTITEL: Gedagtes oor God en die grense van mense
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 240
OPSOMMING: Geloof is te vinde iewers tussen ongeloof, bygeloof en verwondering. Alle sondaars welkom is ’n versameling mengelmoes gedagtes oor God en sy mense wat oor die laaste paar jaar geskryf is. Dikwels laat in die nag. Dikwels binne die paradoks van frustrasies, drome en verwondering.
Met die boek wil Jaco Strydom sy lesers motiveer om:
* eerlik te soek en te leer by groot geeste in die verlede
* community te ontdek saam met ander soekers
* nuwe verwondering te hê in die misterie van God
* veral ‘n honger oop te krap na Jesus, die een waaroor alles gaan.
Die boek sal jou uitdaag om die Waarheid te soek, en daarbinne te lewe.
SKRYWER: Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling en deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Sy skryfwerk verskyn die afgelope tien jaar in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media en Weg. Hy is ook ‘n gereelde blogger. Hy woon tans in die Echo-gemeenskap in Villeria. Jaco het studeer by NWU en UP.