Appel

R0,00

In “Appel” verduidelik Dr. Nico Simpson aan die hand van ‘n metafoor hoe God se teenwoordigheid tegelyk ’n werklikheid, ’n troos en ’n geheimenis is..

Die 04:00 min Nous-kortfilms is ontwikkel om te dien as gespreks-lanseerders.  Die video-inset se doel is om gedagtes los te maak en mense se verbeelding te prikkel.  Dit glo ons gebeur die beste waar mense dit saam kyk en daaroor praat.

Ons dink dit is ‘n goeie idee om koffie-winkel gesprekke te reël waar mense die kort-film saam kan kyk en dan die gespreksvrae (sien onder) kan oordink.

Bybelteks

SAGARIA 1:7-17

Categories: ,
Vra vir meer inligting

Description

 Videoteks

Duisende jare terug het filosowe geglo dat elke ding in die heelal ‘n plek het. Goed op die aarde se plek is in die middel van die aarde daarom val hulle as jy hulle los.

Newton sien ‘n appel uit ‘n boom val en formuleer ‘n nuwe teorie.  Hy glo dat die aantrekkingskrag afhang van die massa van voorwerpe en noem dit gravitasie.

Albert Einstein dink aan iemand wat van ‘n dak val en besef vir die vallende mens is daar geen gravitasie nie.  Wat ons ervaar as gravitasie, sê hy is ‘n verbuiging in tyd en ruimte.

Om die waarheid te sê daar is honderde teorieë oor waarom ‘n appel val en niemand weet eintlik presies hoe en hoekom dit gebeur nie.

Die meeste van die tyd is ons onbewus van die trekkrag.  Net soms stop ons en voel die pull – veral as die ride rof is. Gravitasie is nie ‘n teorie nie, dis ‘n reality.

15 Februarie 519 v.C. kla ‘n profeet dat God nie vir hom en sy volk wat deur moeilike tye gaan, ‘n reality is nie. Hulle voel en sien nie dat God iets doen nie. Dan antwoord ‘n engel in ‘n droom: God werk – God is besig – selfs al sien julle dit nie. Miskien is ons nie bewus van die trekkrag nie.

God is nie ‘n konsep nie – nie ’n teorie nie.

Ons spandeer te veel tyd aan God as ‘n teorie – en te min aan God as ‘n reality.

Die goeie nuus is dat die trekkrag – nie af is nie, maar op.

Nie van heel na stukkend, maar van stukkend na heel.

Nie van die lewe na die dood – maar van die dood na die lewe.

Mag ons God al meer in reality en al minder in teorie beleef.

Teorieë probeer God vas verf in die verlede of vir God voorskryf oor die toekoms.

Mag ons leer om te stop en God te spot in ons lewens – in die hede.

Mag ons bewus raak hoe God elkeen van ons trek in die rigting van die lewe. Ons is deel van iets groter.

Mag ons leer leef met ‘n God wat werk, selfs as ons dit nie verstaan nie.

Ons skep nie gravitasie nie – ons kan ons net daaraan oorgee.

Voel die pull…

Vir die kleingroep: 

Doen ‘n kort stilword gebed en lees daarna die teksgedeelte.

Kyk die kortfilm: Appel

Gespreksvrae

Watter emosies maak hierdie storie in jou wakker?

Aan watter verhoudings laat hierdie storie jou dink?  Hoekom?

Watter kommentaar lewer hierdie storie op die verhouding wat vir jou  uitstaan?

Wat lê hierdie week vir jou voor?