Bankie

R0,00

Bankie

“Ek het jare terug vasgedraai in myself – my eie gebrokenheid, sonde, seer.

Ek het ‘n lied daaroor geskryf.

Ken U my donker kant?

Ek dra ook maar ‘n masker

Hoop niemand kyk daaragter

Ken U my donker kant?

As die haan weer vir my kraai

En ek self my kop moet draai

Van wat ek het, wat ek wil, wat ek dalk nog kan

Ken U ook daardie kant?

Tydsduur: 04:00

File grote: 50 MB

Formaat: MP4 (ZIP)

SKU: 00 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

Bankie

“Ek het jare terug vasgedraai in myself – my eie gebrokenheid, sonde, seer.

Ek het ‘n lied daaroor geskryf.

Ken U my donker kant?

Ek dra ook maar ‘n masker

Hoop niemand kyk daaragter

Ken U my donker kant?

As die haan weer vir my kraai

En ek self my kop moet draai

Van wat ek het, wat ek wil, wat ek dalk nog kan

Ken U ook daardie kant?

Dit was nie die enigste laaste keer wat ek vasgeloop het in myself nie.  Dit gebeur maar weer.

In sulke tye wil ek weghardloop.

In sulke tye soek ek ‘n veilige plek om na toe te gaan.

Vir die eerste gelowiges was die doop so ‘n plek.  Elke keer as daar gedoop is, het die hele gemeente gestaan en gedraai na die weste en hardop gese “ons draai ons rug op die bose, ons bely ons sonde met berou”.  Hulle het verstaan die doop is ‘n veilige plek waar ek die monsters in die oë kan kyk.

As ek op hierie bankie by die see sit, gebeur dit met my:

Hier kan ek sê : ek doen dit, ek sukkel hiermee, ek kry dat nie reg nie.

Ek raak regtig eerlik.  Hier is dit veilig genoeg om uitmekaar te val.

Ken U my donker kant?

Die rowe en die seer

Van die lesse wat ek leer

Ken U my donker kant?

Die gekheid en die swakheid

En my wilde hart wat soms so ver kan waai

Ver van wat U wil

Ken U ook daardie kant?

Ons kerkvader Luther het gesê as hy so gevoel het: ek kruip terug in my doop in.

Die eerste gelowiges het ook dan ‘n tweede ding gedoen:  hulle het omgedraai.  Na die son gekyk.  En hardop gese: ons draai na Christus.

Daarom is die bankie ook vir my ‘n draaipunt.  Hier word ek vergewe.  Ek kan weer opstaan in vryheid.  Dan kan ek ‘n nuwe pad loop.

Vir my is die bankie soos my doop: die veilige plek waar ek rou eerlik kan wees, waar ek kan oorgee aan genade.  Dis op die bankie en in my doop waar ek tegelyk weerloos en veilig is.  Hier weet ek: Ek is nie perfek nie, maar dit is okay.  Hier ontmoet ek die God vir wie ek niks hoef weg te steek nie.

Die plaatjie op die bankie herinner my dat ek die sitplek net leen.  Iemand anders se storie is daaragter.  Die doop is anders:  my doop dra my naam.