Bloedbruide van Christus

R110,00

Ook beskikbaar in Engels as Blood brides of Christ.

Jaap Durand – wat bekend geword het vir sy lewenslange stryd teen onreg in alle vorme – het nógeens die gemarginaliseerdes raakgesien: vroue wat vir hulle geloof in Christus die hoogste prys betaal het. Weer is hy ’n stem vir die stemloses, ook vir hulle wat tussen die bladsye van geskiedenisboeke misgekyk of verswyg is en sodoende in vergetelheid verdwyn het.
Dié publikasie van Jaap Durand, saam met Verena Schoeman, lewer ’n belangrike bydrae tot die gesprek oor die mishandeling van vroue deur magsisteme, dikwels in die naam van geloof.
Hierdie boek is ’n begin. Daar is nog veel meer te sê. Die geskiedenis van hierdie “getroue getuies” is immers deel van die geskiedenis van die Christelike verhaal. En die bloed van die martelaars is die saad van die kerk (Tertullianus). Hieraan herinner Bloedbruide van Christus ons, in ’n ander eeu, in ’n wêreld wat anders geword het. Mag hierdie boek in die hart van elke leser vrug dra en elkeen inspireer om moed te hou.

Bloedbruide van Christus 2

SKU: 9781776160365 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Vrouemartelaars in die vroeë eeue

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 78

OPSOMMING: Ook beskikbaar in Engels as Blood brides of Christ.
Jaap Durand – wat bekend geword het vir sy lewenslange stryd teen onreg in alle vorme – het nógeens die gemarginaliseerdes raakgesien: vroue wat vir hulle geloof in Christus die hoogste prys betaal het. Weer is hy ’n stem vir die stemloses, ook vir hulle wat tussen die bladsye van geskiedenisboeke misgekyk of verswyg is en sodoende in vergetelheid verdwyn het.

Dié publikasie van Jaap Durand, saam met Verena Schoeman, lewer ’n belangrike bydrae tot die gesprek oor die mishandeling van vroue deur magsisteme, dikwels in die naam van geloof.

Hierdie boek is ’n begin. Daar is nog veel meer te sê. Die geskiedenis van hierdie “getroue getuies” is immers deel van die geskiedenis van die Christelike verhaal. En die bloed van die martelaars is die saad van die kerk (Tertullianus). Hieraan herinner Bloedbruide van Christus ons, in ’n ander eeu, in ’n wêreld wat anders geword het. Mag hierdie boek in die hart van elke leser vrug dra en elkeen inspireer om moed te hou.

INHOUD
Voorwoord deur Jan Lubbe, Berg-en-Dal gemeente, Bloemfontein
Inleiding

  • Martelaarskap en die navolging van Christus
  • Martelaarskap as getuienis
  • Jesus, ’n martelaar?
  • Die Christelike kerk: drie eeue van lyding
  • Vrouemartelaars van die vroeë eeue
    Perpetua
    Felicitas
    Blandina
    Agathonike

Bylae: Die verhaal van Thecla

  • Martelaarskap en die toekoms

SKRYWER
Jaap Durand is al op baie maniere vir sy lewenswerk en publikasies gehuldig. Sy agtergrond in teologie en filosofie, tesame met sy diep omgee vir mense en hulle geloofsvrae, het hom in staat gestel om hierdie boek met soveel deernis en insig te skryf. Verena Schoeman het by hom aangesluit om ’n vrou se aanslag en insig te voeg by die verhale van gelowige vroue wat getroue getuies vir Christus geword het.