Bly in voeling

R70,00

Ontdek die rykdom van ‘n lewe in voeling met God deur die inspirerende boek, “Bly in voeling.”
Hierdie praktiese gids deel geloofsgewoontes wat jou help om elke dag die teenwoordigheid van God te ervaar. Of jy nou verwondering, dankbaarheid, of verandering beleef, hierdie boek lei jou om God se Gees in elke oomblik te sien. Met ses sessies van aanpasbare gewoontes, kan jy jou geloofspad vorm volgens jou persoonlike behoeftes.
Deur John Ackerman se wyshede te omarm, ontwikkel jy ‘n leefwyse van aanhoudende verbondenheid met God. Kom, ontdek die vreugde van die gawe om die leiding van die Heilige Gees al hoe meer te ervaar. ***

SKU: 9780864874764 Categories: , , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Geloofgewoontes om God elke dag in jou lewe raak te sien

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 64

OPSOMMING: Ons almal ervaar soms oomblikke waarin ons in voeling met God se Gees is. Dit kan saamval met verwondering of hartseer, kreatiwiteit of deernis, dankbaarheid of liefde, en soms met tye van verandering.

Om in voeling te blý met God se Gees het ons egter hulp nodig. Die geloofsgewoontes in hierdie praktiese boek help ons juis hiermee. Wanneer ons deur hierdie geloofsgewoontes vir God in ons lewe begin raaksien, maak dit ons ontvanklik vir wat volgende gaan gebeur. Ons word vervul met liefde. Ons weet wat ons moet doen.

Hierdie ervaring kan mettertyd ’n leefwyse word, in goeie tye, in slegte tye, en in die gewone gang van die lewe. Ons sal al hoe meer ontvanklik wees om in elke oomblik bewus te wees van God, van wat Hy vir ons wil sê, en van wat Hy in ons lewe doen.

Bly in voeling bevat ses “sessies” met verskeie geloofsgewoontes wat by persoonlike behoeftes en lewensprogramme aangepas kan word, en wat deur individue en groepe gebruik kan word. Dit is ’n praktiese boek wat elke gelowige sal help om die gawe van die leiding van die Heilige Gees al hoe meer te ervaar

Inhoud:

· Sessie 1 – Ons verhale

· Sessie 2 – Daaglikse herkenning

· Sessie 3 – Woord en Gees

· Sessie 4 – Om liefde te ontvang

· Sessie 5 – Belangrik, of dringend?

· Sessie 6 – Inoefening

 Agter in die boek is ook praktiese riglyne ingesluit oor:

· die geloofsgewoontes soos dit mettertyd kan ontwikkel, en

· die fasilitering van ’n “Bly in voeling”-groep.

SKRYWER

John Ackerman, ’n afgetrede Presbiteriaanse leraar, is steeds met passie betrokke by die geestelike begeleiding van gemeentes in die VSA en in Suid-Afrika, waar hy veral gemeenteleiers help om die geestelike groei van individue en gemeentes te fasiliteer. Hy het al verskeie boeke en artikels geskryf. Sy bekroonde boek Listening to God: Spiritual formation in the congregationhet die teologiese grondslag van die Seisoen van Luister gevorm.