Brief aan doopouers

R60,00

Hierdie brief is spesiaal gerig aan julle as ouers, om te help dat julle beter kan verstaan wat by die doop gebeur. Neem, lees sodat die doop van jul kindjie julle met vreugde teenoor God kan vervul, en julle dankbaarheid teenoor Hom laat toeneem.

SKU: 9780864877710 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 20

OPSOMMING: Hierdie brief is spesiaal gerig aan julle as ouers, om te help dat julle beter kan verstaan wat by die doop gebeur. Neem, lees sodat die doop van jul kindjie julle met vreugde teenoor God kan vervul, en julle dankbaarheid teenoor Hom laat toeneem.

SKRYWER: Willie Jonker


LIEWE DOOPOUERS –

Dis is ‘n voorreg om met julle in die vreugde te deel dat julle kindjie gedoop word. Ons as gemeente gee graag ons seënwense deur aan julle en jul kindjie vir die toekoms saam!

Die doop van ‘n kindjie het besondere betekenis vir ons as ouers. Dit is ‘n tasbare manier hoe God sy liefde en trou teenoor ons en ons kinders bevestig. Daarom behoort dit ook vir julle as ouers tot groot seen te wees. Met die oog daarop wil ons julle graag aan enkele basiese aspekte van die betekenis van die kinderdoop herinner. Dit is ons gebed dat hierdie boekie julle sal help om beter te verstaan wat by die doop gebeur, sodat dit julle met vreugde teenoor God sal vervul en julle dankbaarheid teenoor Hom laat toeneem.

WAT GEBEUR AS ‘N MENS GEDOOP WORD?

Die heel eerste wat ons moet besef, is dat die doop ‘n sakrament is. …