Die avonture van Lisa en Timmy

R70,00

Ons weet nie altyd hoe om die doop en die betekenis daarvan vir ons jong kinders te verduidelik nie.
Deur die ses avonture wat Lisa en Timmy beleef, ontdek laerskool-leerders prakties wat die doop vir hulle in hulle lewe beteken. Hulle leer ook hoe hulle doop hulle help om elke dag saam met en vir Jesus te leef.

SKU: 9780864877659 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Hoe die doop ons help om saam met Jesus te leef

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 32

OPSOMMING: Ons weet nie altyd hoe om die doop en die betekenis daarvan vir ons jong kinders te verduidelik nie.
Deur die ses avonture wat Lisa en Timmy beleef, ontdek laerskool-leerders prakties wat die doop vir hulle in hulle lewe beteken. Hulle leer ook hoe hulle doop hulle help om elke dag saam met en vir Jesus te leef.
Elke week vir ʼn tydperk van ses weke kan die jongspan luister na ʼn avontuur wat Lisa en Timmy beleef en só leer watter belangrike rol die doop in hulle lewe speel. Om die betekenis en waarde van die doop by hulle vas te lê, is daar by elke avontuur
• ʼn Bybelvers om te onthou
• Wat leer ons?
• ʼn Gebed om te bid

Heel agter in die boek is ʼn inkleurprent en plek waar die kinders hulle eie prente kan teken.

INHOUD
Week 1: Doen wat Jesus sê
Week 2: Jesus is by my
Week 3: Ek is jammer
Week 4: Die Heilige Gees is in my
Week 5: Baie mense, een kerk
Week 6: Jesus is Koning

SKRYWER
Tinus van Zyl is predikant by die NG gemeente Durbanville.