Die geskenk

R330,00

Die geskenk is die bekende skrywer Riette Rust se ontstellende, diep menslike en soms selfs skreeusnaakse ware verhaal. Van haar kinderjare in die Paarl, en haar pa wat sy leë brandewyn-bottels wegsteek, tot haar huwelik met JD en die oggend toe Riette haar man bebloed op die vloer aantref. JD het homself met sy haelgeweer geskiet. Haar lewe kom net daar tot stilstand. Ter wille van haar wonderlike dogters moet sy egter aangaan.

Te midde van dié diepste verskrikking gaan soek Riette na kennis. Sy studeer sielkunde en lees alles waarop sy haar hande kan lê oor depressie, selfdood en rou. Die geskenk bevat die swaarverwonne, deurleefde wysheid van iemand wat weet dit is moontlik om weer voluit te leef, selfs al het die ondenkbare gebeur. Die boek is nie net ’n meesleurende ware verhaal nie, maar sal ook van groot waarde wees vir elkeen wat deur selfdood geraak is of rou moes verwerk. ’n Dapper, eerlike boek wat jou uitkyk op lewe sal verander.

SKU: 9780624095354 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Liefde, selfdood en dieper leef

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 224

OPSOMMING: Die geskenk is die bekende skrywer Riette Rust se ontstellende, diep menslike en soms selfs skreeusnaakse ware verhaal. Van haar kinderjare in die Paarl, en haar pa wat sy leë brandewyn-bottels wegsteek, tot haar huwelik met JD en die oggend toe Riette haar man bebloed op die vloer aantref. JD het homself met sy haelgeweer geskiet. Haar lewe kom net daar tot stilstand. Ter wille van haar wonderlike dogters moet sy egter aangaan.

Te midde van dié diepste verskrikking gaan soek Riette na kennis. Sy studeer sielkunde en lees alles waarop sy haar hande kan lê oor depressie, selfdood en rou. Die geskenk bevat die swaarverwonne, deurleefde wysheid van iemand wat weet dit is moontlik om weer voluit te leef, selfs al het die ondenkbare gebeur. Die boek is nie net ’n meesleurende ware verhaal nie, maar sal ook van groot waarde wees vir elkeen wat deur selfdood geraak is of rou moes verwerk. ’n Dapper, eerlike boek wat jou uitkyk op lewe sal verander.

SKRYWER: Riette Rust is ’n bekroonde joernalis en skrywer. Haar boeke sluit topverkopers in, soos ’n Lyf onthou, Die AA tot OE van seks, Vlees en bloed (ook in Engels uitgegee as Flesh and Blood) en Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste.