Die heiligheid van hier

R240,00

Die vyftig dae tussen Paassondag en Pinkstersondag is die ideale tyd om hierdie bundel essays te lees wat vanuit verskillende perspektiewe nadink oor God en godsdiens in die alledaagse.

Die heiligheid van hier bevat sewe afdelings, elk met sewe essays, en dan nog ’n bykomende een. Nege en veertig plus een. Vyftig.

Die sewe maal sewe herinner aan die week met sewe dae, én aan God wat ses dae lank geskep en op die sewende dag gerus het. Die laaste essay kan die vyftigste een wees, maar ook ’n eerste nuwe hoofstuk, verteenwoordigend van die agtste dag. Sewe dae van skepping, en die agtste dag van nuutskepping, herskepping.

En herskepping is waaroor Pase en Pinkster gaan. Om ons opnuut bewus te maak: Die ganse dag is ene God.

SKU: 9781991234292 Categories: , , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Ontdek die goddelike op onverwagte plekke. 50 essays vir alleen lees of saamlees

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 240

OPSOMMING: Die vyftig dae tussen Paassondag en Pinkstersondag is die ideale tyd om hierdie bundel essays te lees wat vanuit verskillende perspektiewe nadink oor God en godsdiens in die alledaagse.

Die heiligheid van hier bevat sewe afdelings, elk met sewe essays, en dan nog ’n bykomende een. Nege en veertig plus een. Vyftig.

Die sewe maal sewe herinner aan die week met sewe dae, én aan God wat ses dae lank geskep en op die sewende dag gerus het. Die laaste essay kan die vyftigste een wees, maar ook ’n eerste nuwe hoofstuk, verteenwoordigend van die agtste dag. Sewe dae van skepping, en die agtste dag van nuutskepping, herskepping.

En herskepping is waaroor Pase en Pinkster gaan. Om ons opnuut bewus te maak: Die ganse dag is ene God.

INHOUD:

50 essays, verdeel in 7 afdelings met 7 essays elk, met ’n laaste bykomende essay:

  1. Oor God en gedigte
  2. Oor souffleurs en flaneurs
  3. Oor gemeenskappe en gemeentes
  4. Oor weemoed en woede
  5. Oor weet en onthou
  6. Oor rites en ritmes
  7. Oor praat en preek
  8. Oor die kraak van die agtste dag

 

SKRYWER: Cas Wepener is ’n predikant in die NG Kerk en professor in Praktiese Teologie aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit Stellenbosch. Hy spesialiseer in liturgie en homiletiek. Cas skryf ook graag gedigte en fiksie.