Description
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 148
OPSOMMING: Deon Loots is die Retraite leier en Geestelike begeleier van die Shama Retraite Sentrum in die Oos-Kaap. Hy is ’n deurleefde kenner van dissipelskap en spiritualiteit, en in sy eerste boek, Geniet God (2022), skryf Loots oor ons roeping om dissipels te wees. Die stem van die Herder kan gesien word as ‘n opvolgboek.
Die boek fokus op nog ‘n aspek van dissipelskap: om na God se stem te luister. Vir Loots is dit die “lewensaar” van ‘n dissipel. Om God se stem te hoor klink eenvoudig, maar dit is die oorsaak van groot onsekerheid by baie gelowiges. In Die Stem van die Herder skryf Loots oor hoe ons God se stem kan herken in die geraas van die alledaagse lewe. Om die stem van die Herder te hoor vra oefening en ‘n proses van onderskeiding.
Om God se stem hoor en te leer ken kan jou geloof verdiep, verryk, vernuwe en verander. Loots gee nie net praktiese riglyne daarvoor nie, hy deel ook insigte wat hy by ander kenners en groot denkers soos Dallas Willard, Eugene Peterson, Henri Nouwen en Thomas Keating geleer het. Temas soos stilword, gebed, Bybelstudie, geestelike bewuswording, getuienis en ander geloofspraktyke word bespreek en verduidelik. Die boek lees maklik.
Dit is prakties en omvattend. Dit vat ou insigte op nuwe maniere saam, en sal die leser boei van begin tot einde.