Drie dekades van verandering

R260,00

1990 was ’n waterskeidingsjaar in SuidAfrika se geskiedenis. Die land se politiek en die samelewing sou nooit weer dieselfde wees nie. In die dertig jaar wat sedertdien verloop het, het SuidAfrika en talle aspekte van die SuidAfrikaanse samelewing baie verander. Een van die instellings wat ingrypend verander het, is die NG Kerk.

Neels Jackson bied sy indrukke van die belangrikste tendense en ontwikkelinge wat van 1990 tot 2020 in die NG Kerk plaasgevind het, en hoe die NG Kerk self by haar omstandighede aangepas het of daardeur verander is. Daar is ook tussenhoofstukke oor sleutelmense wat in hierdie dertig jaar ’n rol in die NG Kerk gespeel het.

Die diepste wortel van die NG Kerk word teruggevoer na Jesus van Nasaret toe. Uiteindelik is dít die toets vir enige kerk: in watter mate is hulle volgelinge van Christus deur wie die wêreld iets van God se liefde kan beleef. Die NG Kerk in 2020 kan ’n uitdagende toekoms op die spoor van Jesus Christus met vertroue tegemoet gaan.

SKU: 9780796322654 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Die NG Kerk se pad na verruiming

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 244

OPSOMMING: 1990 was ’n waterskeidingsjaar in SuidAfrika se geskiedenis. Die land se politiek en die samelewing sou nooit weer dieselfde wees nie. In die dertig jaar wat sedertdien verloop het, het SuidAfrika en talle aspekte van die SuidAfrikaanse samelewing baie verander. Een van die instellings wat ingrypend verander het, is die NG Kerk.

Neels Jackson bied sy indrukke van die belangrikste tendense en ontwikkelinge wat van 1990 tot 2020 in die NG Kerk plaasgevind het, en hoe die NG Kerk self by haar omstandighede aangepas het of daardeur verander is. Daar is ook tussenhoofstukke oor sleutelmense wat in hierdie dertig jaar ’n rol in die NG Kerk gespeel het.

Die diepste wortel van die NG Kerk word teruggevoer na Jesus van Nasaret toe. Uiteindelik is dít die toets vir enige kerk: in watter mate is hulle volgelinge van Christus deur wie die wêreld iets van God se liefde kan beleef. Die NG Kerk in 2020 kan ’n uitdagende toekoms op die spoor van Jesus Christus met vertroue tegemoet gaan.

SKRYWER: Neels Jackson het naam gemaak as ’n ingeligte en verantwoordelike  verslaggewer oor godsdienssake. Hy het goeie betrekkinge met ’n groot aantal teoloë en met kerkleiers uit verskillende denominasies. Hy was vir byna 30 jaar kerkverslaggewer en ook redakteur van Kerkbode. Hy en sy vrou woon in Pretoria en hulle het twee volwasse dogters.