Description
“Ek gee oor” is ’n videogreep wat mense voor of tydens ’n erediens kan gebruik. Die video bevat skote van hande wat roosblare “oogee”. Die klankbaan is die Flam-lied “Ek gee oor”, gesing deur Therene Fourie. Hierdie liedjie kan by www.fluister.co.za afgelaai word.
“Ek gee oor” (2 min 40 sek) kan as ’n toewydingslied of tydens ’n meditatiewe diens gebruik word.
Al Lankal Reeds (Here, Ek Gee Oor)
(RUBRIEK: Flammikidz – Geloof en Belydenis)
Teks en musiek: Neil Büchner
Kopiereg: Ó Flam Musiek-Uitgewers
Al lankal reeds voel ek dat U my roep.
En jare lank swerf ek – steeds bly ek soek.
Ek dors nou, ek is nabyaan die einde van my krag.
Iets veg steeds hier in mymaar dit is magteloos
en weerloos teen U, Skeppersliefde.
Here, ek gee oor hier is my hart.
Lei my op die regte pad kom neem weg my vrees
vul my, Here, met U Heilige Gees.
Heilig is die grond waar ek met hart en siel en mond
wil bely dat U alleen my Redder is.
Ek val in Reddershande wat deurboor was vir my skande
waar niemand my kan skeur uit U liefdesgreep.
Here, stap langs my, lei my, wys my U pad.
Elke tree wat ek gee Heer, neem U my hand.
Sonder U is alles donker Heer ek weet, ek was al daar.
Al verstaan ek nie die wonder as U sondaarshande vat!