Description
Ester: leef met moed in ;n uitdagende wêreld
FORMAAT: Boek
BLADSYE: 78
OPSOMMING: Laat in Februarie breek die dag van feesviering aan. Dit is die veertiende dag van Adar op die Joodse kalender. ’n Vrolike gelag en feestelike musiek vul die lug. Verruklike geure wek herinneringe aan goeie kos en vreugdevolle tye terwyl die volk saamkom en onthou.
Die feesviering draai om die verhaal van Ester en haar volk in die koninkryk van Ou Persië in ongeveer 480 vC. Dit is ’n verhaal met vele kinkels en kabels, gelukkige en vreesaanjaende oomblikke, gevaarlike en dodelike uitkomste. Dit is ’n verhaal wat uiteindelik dui op God wat sy volk red en versorg. Versprei deur die hele wêreld, soekend en wagtend op die Here om in te gryp, vind die Joodse volk vreugde en hoop in die God van hulle verlossing. Die Here se toegewyde volgelinge vertrou dat Hy sy beloftes van lank gelede sal nakom, sy belofte dat Hy hulle vader Abraham ’n groot nasie sal maak en al die volke op die aarde deur hom sal seën (Gen 12:2-3).
Ons weet vandag dat hierdie beloftes in werklikheid dui op die Verlosser, Jesus Christus. As die Seun van God, bring Jesus die ware verlossing; Hy het ter wille van ons gely en gesterf sodat ons die lewe in volheid saam met God vir ewig kan geniet. Jesus se volbringde werk gee aan almal wat in Hom glo die reg om kinders van God te word, saam met Ester en haar volk.
Terwyl jy die boek Ester bestudeer, soek na die tekens van God se teenwoordigheid en ingrype. Hy is die Een wat altyd vir sy volk lief is en vir hulle sorg.
INHOUD
Kaart van Ou Persië en Ou Medië
Kaart van die hedendaagse Midde-Ooste
Woordelys
Hoe om hierdie studie te gebruik
Tydlyn
Inleiding
Les 1:
Die alledaagse lewe in Ou Persië
Les 2:
Op soek na ’n koningin
Les 3:
“Met die oog op ’n tyd soos hierdie”?
Les 4:
Agter die skerms
Les 5:
’n Goeie katastrofe
Les 6:
Oorwinning en feesviering!
’n Uitnodiging en ’n toewydingsgebed
Bibliografie
Evalueringsvraelys
SKRYWERS
’n Span gerespekteerde skrywers van ’n bekende uitgewery wat noue bande met die Christian Reformed Church in die VSA het.