Geloof-speelboek

R100,00

Die Geloof-speelboek bevat 24 prettige en maklike aktiwiteite vir kinders om saam met hulle ouers te doen, of alleen as hulle al ouer is. By elke aktiwiteit word ’n storie uit die Bybel vertel wat kinders se geloof in die Here sal versterk. Die aktiwiteit sluit telkens aan by die Bybelstorie.

Ouers kan die Bybelstories lees of oorvertel terwyl die kinders die aktiwiteite doen, of hulle kan eers die aktiwiteit doen en daarna na die storie luister. Ouer kinders kan die stories self lees.

Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Bybelstories oorvertel

FORMAAT: Boek

AANTAL BALDSYE: 56

OPSOMMING: Die Geloof-speelboek is vir kinders wat wil skep, speel en leer. Die kort Bybelstories en aktiwiteite saam is ʼn wonderlike manier om met kinders te gesels oor wat ons glo.

Al die aktiwiteite is só ontwerp dat kinders van 4-8 jaar oud dit met min toesig self sal kan doen. By elke aktiwiteit is daar ʼn lys van alles wat die kinders sal nodig hê. Stap-vir-stap-riglyne en prentjies help hulle om die aktiwiteite te voltooi.

Ouers kan die Bybelstories lees of oorvertel terwyl die kinders die aktiwiteite doen, of hulle kan eers die aktiwiteit doen en daarna na die storie luister. Ouer kinders kan die stories self lees.

Geniet julle familietyd saam rondom die Bybelstories en prettige aktiwiteite.

SKRYWER EN ILLUSTREERDER
Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wat God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer.
Aletta Simpson is ʼn student aan die Universiteit Stellenbosch. Vandat sy kan onthou, stel sy belang in boeke, kunsgoed, skryf en skets.

Additional information

Formaat

Gedrukte boek, Elektroniese PDF