Gestuur

R60,00

Gestuur vertel die storie van die nuwe droom oor die kerk. Voor die Algemene Sinode van 2013 het die NG Kerk besef daar is op baie plekke in die wêreld, ook in die kerk, lewendige gesprekke oor geloof en die kerk aan die gang. Hulle het toe die vars en nuwe gedagtes uit dié gesprekke in ’n beleidsdokument saamgevat sodat ons saam nuwe, verbeeldingryke moontlikhede vir die toekoms van die kerk kan ontdek.

SKU: 9780864877338 Categories: ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Kerk-wees tussen gister en môre

AANTAL BLADSYE: 48

OPSOMMING: Gestuur vertel die storie van die nuwe droom oor die kerk. Voor die Algemene Sinode van 2013 het die NG Kerk besef daar is op baie plekke in die wêreld, ook in die kerk, lewendige gesprekke oor geloof en die kerk aan die gang. Hulle het toe die vars en nuwe gedagtes uit dié gesprekke in ’n beleidsdokument saamgevat sodat ons saam nuwe, verbeeldingryke moontlikhede vir die toekoms van die kerk kan ontdek.

Gestuur vertaal die woorde van hierdie beleidsdokument in ’n eenvoudige manifes wat in alledaagse terme verduidelik hoe die kerk kán werk. Die boek nooi jou uit om saam te dink en saam te onderskei sodat ’n totaal nuwe beweging oor ons as gelowiges kan spoel.

INHOUD

1. Die 24 punte van die manifes word verder uitgebrei en prakties gemaak.
2. By elke punt van die manifes is drie gespreksvrae waaroor groepe saam kan dink en gesels.

3. Vier bylaes:
Belydenis van die vergadering in sitting: Algemene Sinode 2011
Roepingsverklaring van die Algemene Sinode 2007
Roepingsverbintenis van die Algemene Sinode 2004
Roepingsverklaring van die Algemene Sinode 2002

OPSTELLERS
Nelus Niemandt
Piet Meiring

VERWERKING
Siegfried Louw
Nico Simpson

MEDEWERKERS
Nelus Niemandt: Moderator van die Algemene Sinode
Piet Meiring: Voorheen verbonde aan die Fakulteit Teologie, UP en in 1988 voorsitter van die Algemene Sinodale Kommissie vir Getuienis
Siegfried Louw: Predikant, Proteahoogte, Brackenfell
Nico Simpson: Hoof: Publikasies en e-Media, Bybel-Media