God nooi jou: Leiersgids

R80,00

Toe die Here Jesus gesê het: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee” (Matt 11:28), het baie mense na Hom toe gekom en Hom begin volg. Jesus rig hierdie uitnodiging vandag nog aan ons elkeen.

Die agt weke van hierdie geloofsreis begin elke keer met die woorde: “God nooi jou …” en eindig met ’n uitdaging.

God nooi jou …

  • om Jesus met geloofsoë te sien en jou oor Hom hier by jou te verwonder.
  • om Jesus werklik met jou hele hart lief te hê.
  • om nie net tot Jesus te bid nie, maar Hom ook te aanbid.
  • om saam met Jesus meer as ’n oorwinnaar te wees.
  • om nooit skaam te wees vir Jesus nie.
  • om, soos Maria, jou kosbaarste reukolie uit te haal en Jesus te salf.
  • om Jesus onvoorwaardelik en oral te volg, waar Hy jou ook al wil gebruik.
  • om nie net al die mooi dinge wat Jesus sê te hoor nie, maar om ook intens te luister na sy opdragte vir jou sodat jy vreugde en vrede kan ervaar.

Aanvaar vandag God se uitnodiging met albei hande en maak Jesus Christus jou hele lewe.

God nooi jou Gespreksgids

SKU: 9781991234162 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: ’n Geloofsreis van 8 weke

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 64

OPSOMMING: Toe die Here Jesus gesê het: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee” (Matt 11:28), het baie mense na Hom toe gekom en Hom begin volg. Jesus rig hierdie uitnodiging vandag nog aan ons elkeen.

Die agt weke van hierdie geloofsreis begin elke keer met die woorde: “God nooi jou …” en eindig met ’n uitdaging.

God nooi jou …

  • om Jesus met geloofsoë te sien en jou oor Hom hier by jou te verwonder.
  • om Jesus werklik met jou hele hart lief te hê.
  • om nie net tot Jesus te bid nie, maar Hom ook te aanbid.
  • om saam met Jesus meer as ’n oorwinnaar te wees.
  • om nooit skaam te wees vir Jesus nie.
  • om, soos Maria, jou kosbaarste reukolie uit te haal en Jesus te salf.
  • om Jesus onvoorwaardelik en oral te volg, waar Hy jou ook al wil gebruik.
  • om nie net al die mooi dinge wat Jesus sê te hoor nie, maar om ook intens te luister na sy opdragte vir jou sodat jy vreugde en vrede kan ervaar.

Aanvaar vandag God se uitnodiging met albei hande en maak Jesus Christus jou hele lewe.

INHOUD:

God nooi jou …

Week 1: Om Jesus te sien
Week 2: Om Jesus lief te hê
Week 3: Om Jesus te aanbid
Week 4: Om saam met Jesus te sterf en op te staan
Week 5: Om Jesus te bely
Week 6: Om Jesus te salf
Week 7: Om Jesus te volg
Week 8: Om na Jesus te luister

SKRYWER: Hierdie Bybelstudie is oorspronklik aangebied in die NG gemeente Witrivier. Dit is ontwikkel deur Jurgens de Jager, Gerrie Doyer en Eddie le Roux.

Jurgens de Jager, Gerrie Doyer en Eddie le Roux is drie kollegas wat saam in die NG gemeente Witrivier gedien het. In die 10 jaar dat hulle kollegas was, het hulle 40 Bybelstudiereekse geskryf wat met groot vrug deur talle gemeentes in die land gebruik is. Baie kleingroepe doen vandag nog hierdie Bybelstudies en ervaar só betekenisvolle geloofsgroei.