Description
FROMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 194
OPSOMMING: Handboek vir die senior VGK kategese
R140,00
Handboek vir die senior VGK kategese
FROMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 194
OPSOMMING: Handboek vir die senior VGK kategese
Die Gesprekskaarte is ‘n digitale produk. Stuur asseblief ‘n e-pos aan [email protected] om die kaarte aan te koop.
Die meer as 100 gesprekskaarte is ʼn handige hulpmiddel vir elke gemeenteleier, predikant of jeugwerker. Dit is ʼn kreatiewe en speelse manier om gesprek aan die gang te kry of om gesprekke na ʼn dieper vlak te laat oorgaan.
Die stel volkleurkaarte kom saam met ses voorstelle hoe dit gebruik kan word. Die verskillende voorstelle maak dit moontlik om die gesprekskaarte in kleingroepe en jeuggroepe, by Bybelskole en kampe en in persoonlike gesprekke te gebruik.
Op elke kaart is daar ʼn simbool of prentjie wat die deelnemers aan die gesprek op hulle eie manier kan interpreteer. Omdat daar nie regte of verkeerde antwoorde is nie, kan deelnemers deur vrye assosiasie kies wat hulle in die prentjies “sien” en op grond daarvan hulle verhale deel.
Blywende, lewenslange geloof word selde deur kerkprogramme aangeleer, maar eerder “aangesteek” deur ’n leefstyl van geloof wat by die huis uitgeleef word. Maar hoe kan jou gemeente huise toerus om (weer) die belangrikste plek te word waar geloof gevoed word? Deur ’n HuisGeloof-gemeente te word. Mark Holmen se boek Kerk + Huis bevat alles wat jy nodig het om ’n HuisGeloof-fokus in die DNS van jou geloofsgemeenskap in te weef.
Kerk + Huis bou voort op die bedieningskonsepte wat Holmen deur die vinnig groeiende, internasionale HuisGeloof-beweging verfyn het. Jy sal ontdek hoe om jou gemeentelede se huise as die belangrikste geboorteplek van geloof te hervestig deur ’n lewenskragtige, doeltreffende HuisGeloof-bediening in jou gemeente te vestig, ongeag hoe groot of klein dit is.
Hierdie kursusse fokus op vier temas: verhoudings, vrae, groeipyne en issues. Elk van die vier temas gaan saam met die DVD-snit as agtergrond vir of inleiding tot die betrokke tema. Tydens die kursus kyk die groep na hierdie DVD-snitte en bespreek dan die vrae wat in die handleiding is. Elk van die vier temas word ook aangevul met sewe klanksnitte op ʼn CD.
Een van die pilare waarop goeie en effektiewe kategese rus, is die kategeet of groepleier. Hy of sy is die een wat die Bybel en die geloofslewe vir die jongmense toeganklik moet maak. Dit is dus belangrik dat die kategeet of groepleier die leef- en dinkwêreld van die jongmense sal betree. Hierdie DVD en handleiding sal kategete en groepleiers help om ten opsigte van ’n paar temas gemaklik met die jongmense in hulle groep te kommunikeer.
These six activity books offer young children do-it-yourself activities based on core Scriptures from the Old Testament and the New Testament in the Bible. Through these activities the children discover in a playful way more about 90 stories from the Old Testament and the New Testament that play an important role in our faith formation.
OTHER BOOKS IN THE SERIES AND ALSO IN AFRIKAANS
Laat die kindertjies na My toe kom – Aktiwiteitsboek 1
Let the children come to Me – Activity book 1
Laat die kindertjies na My toe kom – Aktiwiteitsboek 2
Let the children come to Me – Activity book 2
Laat die kindertjies na My toe kom – Aktiwiteitsboek 3
Let the children come to Me – Activity book 3
Laat die kindertjies na My toe kom – Aktiwiteitsboek 4
Let the children come to Me – Activity book 4
Laat die kindertjies na My toe kom – Aktiwiteitsboek 5
Let the children come to Me – Activity book 5
Laat die kindertjies na My toe kom – Aktiwiteitsboek 6
Let the children come to Me – Activity book 6
Looks like you haven't made a choice yet.