Description
SUBTITEL:’n Ruimte van ontmoeting, verrassing en hoop. Nuut gekyk na die verhaal van Hagar
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 76
OPSOMMING: Ons as vroue wil raakgesien word. Soos Hagar, vra ons om nie uitgeskuif te word as randfigure of byspelers nie. Ons wil raakgesien word, nie net wanneer ons benodig word nie, maar vir wie ons is, veral vir wie ons in God is.
Terwyl ons in hierdie boek opnuut met Hagar kennis maak, staan ons ook stil by oomblikke wat aan baie vroue bekend is: oomblikke van angs, verlatenheid en negatiwiteit, maar ook oomblikke van hoop, genesing en perspektief behou in moeilike omstandighede. In Hagar se verhaal ontmoet ons die God van die woestyn – die God wat ons nie noodwendig uithaal uit die morsigheid van die lewe nie, maar ons te midde daarvan ontmoet.
Hagar se verhaal is inderdaad ’n woestynverhaal in meer as een opsig. Die woestyn vorm die geografiese agtergrond van haar lewe, maar beeld ook die emosies uit wat loskom daar waar Hagar se lewe ingeweef is in die verhaal van die uitverkorenes, Abraham en Sara. God van die woestyn is ʼn boek wat vroue sal help om hulle pyn te voel, hulle foute raak te sien, hulle verskille te omarm, hulle woede te verwoord, misbruik te konfronteer en hulle vryheid en unieke menswees te vier.
INHOUD
- God en woestyn
- Ontmoet Hagar in Genesis 16
- Hagar vra om gesien te word
Woestyn as landskap van keuse
- Ontmoet Hagar in Genesis 21
- Pyn en hartseer vra om gehoor en gevoel te word
Woestyn as ingesteldheid
- Foute vra om geëien te word
Woestyn as plek van God
- Verskille vra om omhels te word
Woestyn as plek van die siel
- Woede vra om ’n stem
Woestyn as plek van vryheid
- Misbruik vra om gekonfronteer te word
Woestyn as nuwe lewe
- Vryheid vra om gekies te word
- Wat dan van die kinders?
SKRYWER
Lisel Joubert is ’n teoloog en vryskutpredikant in die NG Kerk. Sy het ’n doktorsgraad in Ou Testament verwerf. Haar passie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christelike tradisie. Sy is betrokke by teologiese afstandsonderrig, veral in die dissipline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon in Gansbaai saam met haar man en twee kinders.