Graad 1 – Doenboek – Ek is deel van God se groot verhaal

R90,00

Kennis-kategese is vir gemeentes wat kies om in hulle kategese bewustelik op die oordrag van inhoud (Bybelkennis) te fokus.

Die reeks Kennis-kategese vervang die bekende reeks boeke wat deur die Kategese-taakspan van die Sinode ontwikkel is. Die volledige reeks boeke is verwerk, bygewerk en vernuwe. Beskikbaar in Doenboek en Leiersgids.

Die aanbieding van die ontmoetings is vereenvoudig en die Doenboek is verwerk sodat hedendaagse jongmense daarby aanklank kan vind. In elke Doenboek is daar by elke ontmoeting ʼn aktiwiteit wat die kinders kan doen sowel as ʼn prent wat hulle kan inkleur. Hierdie produkte is spesiaal aangepas met aktiwiteite wat by kinders se ontwikkelingsvlak inpas. Dit word gebruik saam met ‘n leiersgids.

Voorbeeld van Graad 1 – Doenboek

Graad 1 Doenboek word gebruik saam met Graad 1 Leiersgids.

 

Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Voorheen My Doenboek Graad 1

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 48

OPSOMMING: In hierdie Doenboek ontdek die kinders:

  • wie God is en wat God doen
  • hoe wonderlik God hulle gemaak het
  • hoe hulle deel van God se groot verhaal vorm
  • hoe hulle al hoe meer soos Jesus kan word.

By elke ontmoeting is daar ʼn aktiwiteit wat die kinders kan doen en ʼn prent wat hulle kan inkleur.

Voorbeeld van Graad 1 – Doenboek

Graad 1 Doenboek word gebruik saam met Graad 1 Leiersgids.

  • Spesifiek ontwikkel vir kategese deur die Kategese-taakspan van die Sinode
  • Leiersgids bevat die volledig uitgewerkte aanbieding van elke ontmoeting
  • Die Doenboek vir die jongmense is aangepas met aktiwiteite wat by hulle moderne leefstyl inpas

INHOUD
Die leiersgids bestaan uit 21 ontmoetings wat soos volg ingedeel word:

  • Dit begin met ’n ontmoeting waar die kinders verwelkom word en waar die nodige administrasie afgehandel word.
  • Daar is ’n aantal ontmoetings oor die skepping:
  • God het alles goed gemaak
  • God het my wonderlik gemaak
  • Dan is daar ontmoetings wat spesifiek oor die feestye van die kerklike jaar handel:
  • Koninkrykstyd
  • God kyk anders
  • Lydenstyd
  • Jesus, die anderste Koning
  • Sing en sing en sing dan saam
  • Paasfees
  • Jesus word gekruisig
  • Jesus leef!
  • Die evangelie in kleur
  • Hemelvaart
  • Hemel toe
  • Pinkster
  • Veels geluk, liewe kerk
  • Met die Gees in ons
  • Dit word opgevolg met ’n aantal ontmoetings oor die aartsvaders:
  • Verbondskind
  • Wees ʼn seën
  • God sorg
  • Moenie bang wees nie
  • Dan is daar ’n ontmoeting oor die ballingskap:
  • Daniël en die leeus
  • Aan die einde van die jaar gee ons aandag aan Jesus se lewe:
  • Luister en doen
  • Min vir baie
  • Jesus is lief vir my
  • Jesus word gebore (Kersfees)

Elke ontmoeting sluit af met gebedstyd.

SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.