Leiersgids: Graad 3 – Ek is deel van God se groot verhaal

R110,00

Kennis-kategese is vir gemeentes wat kies om in hulle kategese bewustelik op die oordrag van inhoud (Bybelkennis) te fokus.

Die reeks Kennis-kategese vervang die bekende reeks boeke wat deur die Kategese-taakspan van die Sinode ontwikkel is. Die volledige reeks boeke is verwerk, bygewerk en vernuwe. Beskikbaar in Doenboek en Leiersgids.

Die aanbieding van die ontmoetings is vereenvoudig en die Doenboek is verwerk sodat hedendaagse jongmense daarby aanklank kan vind. In elke Doenboek is daar by elke ontmoeting ʼn aktiwiteit wat die kinders kan doen sowel as ʼn prent wat hulle kan inkleur. Hierdie produkte is spesiaal aangepas met aktiwiteite wat by kinders se ontwikkelingsvlak inpas. Dit word gebruik saam met ‘n leiersgids.

Voorbeeld van Graad 3 – Leiergids

Graad 3 Leiersgids word gebruik saam met Graad 3 Doenboek.

Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Voorheen My Doenboek Graad 3

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 44

OPSOMMING:

In hierdie Doenboek ontdek die kinders:

  • wie God is en wat God doen
  • hoe wonderlik God hulle gemaak het
  • hoe hulle deel van God se groot verhaal vorm
  • hoe hulle al hoe meer soos Jesus kan word.

By elke ontmoeting is daar ʼn aktiwiteit wat die kinders kan doen en ʼn prent wat hulle kan inkleur.

Voorbeeld van Graad 3 – Leiergids

Graad 3 Doenboek word gebruik saam met Graad 3 Leiersgids.

Unieke verkoopspunte

  • Spesifiek ontwikkel vir kategese deur die Kategese-taakspan van die Sinode
  • Leiersgids bevat die volledig uitgewerkte aanbieding van elke ontmoeting
  • Die Doenboek vir die kinders is aangepas met aktiwiteite wat by hulle ontwikkelingsvlak inpas

INHOUD

Die leiersgids bestaan uit 19 ontmoetings wat soos volg ingedeel word:

Tema 1 – Die Here en jy

  1. Die Here het jou goed gemaak
  2. Oppas!

 Tema 2 – Jy en ander mense

  1. Vergewe ander mense
  2. Help ander mense

 Tema 3 – Paasfees

  1. Onskuldig veroordeel (Lydenstyd)
  2. Ons glo, al sien ons nie (Opstanding)

 Tema 4 – Hemelvaart

  1. Vertel vir almal van Jesus

 Tema 5 – Pinkster

  1. Die wonder van Pinkster

 Tema 6 – Kinders van God

  1. Riglyne vir jou lewe
  2. Die Here gee jou krag
  3. Vertrou op die Here
  4. Die Here hoor jou hart
  5. Ons bou saam
  6. Wat het Jesus gedoen?
  7. Dien soos Jesus
  8. ʼn Boodskapper vir Jesus
  9. Wees gereed

 Tema 7 – Kersfees

  1. God maak die pad gereed
  2. Loof die Here, want Jesus is gebore

Elke ontmoeting sluit af met gebedstyd.

SKRYWER

Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.