Handelinge 13 – 28

R160,00

In die tweede deel van die boek Handelinge wil Lukas steeds vir die gemeente in Efese wys dat hulle van ver af kom en dat hulle diep gewortel is. Met die eerste oogopslag lyk dit of Paulus die sentrale figuur in hierdie vertelling is. Op ʼn verskuilde manier wys Lukas egter vir ons dat God die Een is wat hier aan die werk is. Paulus is maar net ʼn instrument in God se hand.

As in­stru­ment van die koninkryk loop Paulus dieselfde pad as Jesus. Die gemeente wat uit sy werk ontstaan het, hoef nie skaam te wees omdat Paulus nie, soos die ander apostels, vir Jesus voor die kruisiging geken het nie. Sy verhaal laat hulle sien hoe God, ten spyte van ons swakhede, sy doel bereik. Lukas gebruik vir Paulus, wat nog altyd ’n fanatiese werker vir God se saak was, om die voortsetting van God se pad met mense aan te wys. Die Christen­dom is nie iets nuuts nie; dit is die God van die aarts­vaders wat met sy mense voortgaan. Lees saam en ontdek waarheen dit ons vandag neem. 

SKU: 9780864879110 Categories: ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Ons is diep gewortel. Saam met God op ʼn pad sonder einde. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADYE:  256

OPSOMMING: In die tweede deel van die boek Handelinge wil Lukas steeds vir die gemeente in Efese wys dat hulle van ver af kom en dat hulle diep gewortel is.

Met die eerste oogopslag lyk dit of Paulus die sentrale figuur in hierdie vertelling is. Op ʼn verskuilde manier wys Lukas egter vir ons dat God die Een is wat hier aan die werk is. Paulus is maar net ʼn instrument in God se hand.

As in­stru­ment van die koninkryk loop Paulus dieselfde pad as Jesus. Die gemeente wat uit sy werk ontstaan het, hoef nie skaam te wees omdat Paulus nie, soos die ander apostels, vir Jesus voor die kruisiging geken het nie. Sy verhaal laat hulle sien hoe God, ten spyte van ons swakhede, sy doel bereik.

Lukas gebruik vir Paulus, wat nog altyd ’n fanatiese werker vir God se saak was, om die voortsetting van God se pad met mense aan te wys. Die Christen­dom is nie iets nuuts nie; dit is die God van die aarts­vaders wat met sy mense voortgaan.

Lees saam en ontdek waarheen dit ons vandag neem.

SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek. Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.