ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.
Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy Pinkster ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring.
Die geloofsgedagtes in hierdie boek fokus op Hemelvaart, Pinkster en die werk van die Heilige Gees in ons lewe, die kerk en die skepping. Ons vertel weer die storie van God se Gees wat skep en heelmaak, wat lewe gee en groei laat opbloei, wat diep verandering bewerk en wysheid skenk.
Die woorde en kleure nooi jou om tyd deur te bring by die Heilige Gees wat in jou hart getuig, wat jou leer dans en feesvier, wat jou laat sing en uitbundig lag. Pinkster herinner jou immers dat jy die lewe in oorvloed ontvang het.
Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van jou gedagtes oor die geloofsgedagtes, om enige emosies wat na bo kom te ervaar, en om te bid.