In Christus is ons hoop

R80,00

Die inhoud van hierdie saamreisgids sny verby enige wêreldse wensdenkery tot in die hart van die evangelie. Dit herinner ons dat ons identiteit as Christene ten diepste “in Christus” opgesluit lê. Christus het deur sy kruisiging en opstanding volledig hoop vir ons gebring.  Mag hierdie boek jou geloof opnuut anker en jou motiveer om liefde en hoop voluit uit te leef.

Ander boeke in die Christus-trilogie:

In pas met Christus

In Christus saam op pad

SKU: 9781776160181 Category:
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: ’n 8-weke-saamreisgids vir groepe.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 52

OPSOMMING: Daar is baie dinge wat ons lewe ingewikkeld maak. Ons hoop word hierdeur afgewater, verdwyn selfs. Ons hoor dit duidelik wanneer mense sê: “Ons hóóp maar goeie dinge sal gebeur.”

Is daar dan nog hoop? Ja! Daar ís. In Christus is ons hoop.

Die inhoud van hierdie saamreisgids sny verby enige wêreldse wensdenkery tot in die hart van die evangelie. Dit herinner ons dat ons identiteit as Christene ten diepste “in Christus” opgesluit lê. Christus het deur sy kruisiging en opstanding volledig hoop vir ons gebring.     Mag hierdie boek jou geloof opnuut anker en jou motiveer om liefde en hoop voluit uit te leef.

INHOUD

Week 1: In Christus is ons hoop

Week 2: Ons hoop in die ware Christus

Week 3: Die Here is by jou, dapper man en vrou

Week 4: God se beloftes gee hoop

Week 5: Fokus op God in moeilike tye

Week 6: Hoop as jy swaarkry

Week 7: Hoop is om die proses te vertrou

Week 8: Het die toekoms ʼn kerk?

SKRYWERS
Die Visionêre Leierspan van die NG Kerk in KwaZulu-Natal: Rupert de Koning, Adrio König, Francois Neethling, Rudolph Scharneck, Méri Schoeman, SW Scott, Heinrich Theunissen, Barry Tolmay en Ben van Dyk.