Jakobus

R95,00

Het jy al vreemd gevoel op ʼn plek en gewonder of jy regtig daar hoort? Dit is hoe die mense wat Jakobus se brief die eerste keer gehoor het in hulle omgewing gevoel het. Vreemd, uitgelewer en met ʼn diep hunkering na hulle plek van herkoms, êrens waar hulle tog net kan tuis wees.Vir hulle vertel die skrywer van hierdie brief dat behoort-aan-God al hierdie gevoelens relativeer en dat wysheid hulle help om nie selfgesentreerd te wees nie en nie vas te val in hulle eie klein wêreldjie nie. Verby die slegte resensie van Martin Luther wat Jakobus ʼn strooibrief genoem het, vind ons hier Christelike wysheid wat ons vandag nog help wanneer ons vra: “Hoe nou gemaak?”

SKU: 9780864878922 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

Jakobus: Hoe nou gemaak? Wysheid vir ʼn tyd soos hierdie. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 84

OPSOMMING: Het jy al vreemd gevoel op ʼn plek en gewonder of jy regtig daar hoort? Dit is hoe die mense wat Jakobus se brief die eerste keer gehoor het in hulle omgewing gevoel het. Vreemd, uitgelewer en met ʼn diep hunkering na hulle plek van herkoms, êrens waar hulle tog net kan tuis wees.Vir hulle vertel die skrywer van hierdie brief dat behoort-aan-God al hierdie gevoelens relativeer en dat wysheid hulle help om nie selfgesentreerd te wees nie en nie vas te val in hulle eie klein wêreldjie nie. Verby die slegte resensie van Martin Luther wat Jakobus ʼn strooibrief genoem het, vind ons hier Christelike wysheid wat ons vandag nog help wanneer ons vra: “Hoe nou gemaak?”

Jakobus – Hoe nou gemaak? is ʼn interpretasie van die brief van Jakobus. Hierdie brief is geskryf vir gelowiges wat nie meer in hulle eie land gewoon het nie en wat verward, onseker en bang was. Jakobus gee nie vir hulle ʼn rits sedelessies, lang lyste wettiese voorskrifte of bolangse troos nie. Hy gee aan hulle, en aan ons, ʼn wysheidsboek waarin hy vir gelowiges riglyne gee oor hoe om in moeilike omstandighede voor God te leef.

Wysheid is nie kennis nie. Wysheid is om te weet hoe om voor God te leef. En in God se skatkis van gawes is wysheid nie ʼn skaars artikel wat Hy nie suinig uitdeel nie. God hou wysheid nie terug van dié wat dit vra nie. Die antwoord op ons gebed om wysheid is gewaarborg.

INHOUD

  1. Van wie en aan wie? (Jak 1:1)
  2. God gee goeie gawes (Jak 1:2-18)
  3. Wysheid in die Woord (Jak 1:19-27)
  4. Hoe ons God se liefde beantwoord (Jak 2:1-13)
  5. Voeg die daad by die woord (Jak 2:14-26)
  6. Wie vrede saai, sal vrede oes (Jak 3:1-18)
  7. Onderwerp julle aan God (Jak 4:1-10)
  8. Dink eers, praat dan (Jak 4:11-17)
  9. Hemel en aarde ontmoet (Jak 5:1-11)
  10. In God se hande (Jak 5:12-20)

SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek.
Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.