Paint-By-Numbers
In ” Paint-By-Numbers ” verduidelik Dr. Nico Simpson aan die hand van ‘n metafoor hoe Jesus ons godsdiesntige reëls en boksies oopbreek en ons uitdaag om regtig vry te leef..
Die 03:22 min Nous-kortfilms is ontwikkel om te dien as gespreks-lanseerders. Die video-inset se doel is om gedagtes los te maak en mense se verbeelding te prikkel. Dit glo ons gebeur die beste waar mense dit saam kyk en daaroor praat.
Ons dink dit is ‘n goeie idee om koffie-winkel gesprekke te reël waar mense die kort-film saam kan kyk en dan die gespreksvrae (sien onder) kan oordink.
“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’
Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.
As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?
En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie?
“Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”