Description
Jona: oor visse, foute en vergifnis
FORMAAT: Boek
BLADSYE: 62
OPSOMMING: “Maar Ek mag nie besorg wees oor die groot stad Nineve nie …?” – Jona 4:11
In Jona se storie roep die Here ʼn onwillige profeet om ’n boodskap aan ’n vyandelike volk te gaan oordra. Wat ʼn vreemde opdrag! God wou die vyandige, wrede Assiriërs van Nineve waarsku dat hulle binnekort weens hulle goddeloosheid sou sterf.
Jona, die profeet, het nie van die Assiriërs gehou nie, want hulle was vyande van sy volk, die Israeliete. Hy wou niks met die Assiriërs te doen hê nie. Maar God het ander planne gehad. En die een waarheid wat ons uit hierdie storie leer, is dat God situasies ten goede sal laat uitwerk, volgens sy wil, selfs al hou iemand soos Jona glad nie daarvan nie.
Terwyl jy die boek Jona bestudeer, nooi die Here deur sy Heilige Gees om jou geestesoë te verhelder en vir jou ’n goeie begrip van hierdie Bybelboek te gee (Ef 1:18). Indien dit vir jou moontlik is, bestudeer hierdie Bybelboek saam met ander mense. Gesels hieroor en bid saam terwyl julle deur die lesse werk. ’n Drietal – die Heilige Gees, ’n vriend (of vriende) en jy skep ’n verhoudingsomgewing waarin julle baie uit God se Woord kan leer (Matt 18:20).
INHOUD
Kaart met Jona se reise
Woordelys
Hoe om hierdie studie te gebruik
Inleiding
Les 1
Op die vlug
Les 2
’n Poëtiese gebed
Les 3
“Gaan …”
Les 4
Die deernisvolle, genadige God
Bylae: Verskeie interpretasies van die boek Jona
SKRYWERS
Linda Rozema & personeel van Faith Alive