Jou kind en verlies

R300,00

’n Mens wil glo dat kinders nie verdriet ervaar nie, maar hulle beleef dit wel Selfs as ’n mens dit regkry om kinders teen die ergste hartseer te beskerm, sal daar tog ’n keer kom wat hulle een of ander vorm van verlies ervaar en daaroor sal rou.

Die dood van hetsy ’n maat, familielid of troeteldier, is nie die enigste vorm wat verlies aanneem nie. Ook as ouers skei, verander ’n kind se lewe dramaties en kan hulle nét sulke heftige emosies beleef soos wanneer iemand sterf. Kinders is veerkragtig en kan met hulp weer hul lewens voortsit.

Dié boek bevat wenke, idees en ’n leesgids vir ouers, onderwysers, familie en vriende van kinders van alle ouderdomme. Die aktiwiteite in die boek help om spelenderwys ’n ruimte vir heling vir kinders te skep. Die pragmatiese en sensitiewe raad het ook ten doel om volwassenes ’n woordeskat te gee wanneer verdriet hulle tot stilte ruk.

SKU: 9781776354887 Category:
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: ’n Toeganklike gids en aktwiteitsboek wat ouers, familie, onderwysers en vriende van kinders van alle ouderdomsgroepe sal help om met verlies om te gaan en dit te verwerk.

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 176

OPSOMMING: ’n Mens wil glo dat kinders nie verdriet ervaar nie, maar hulle beleef dit wel Selfs as ’n mens dit regkry om kinders teen die ergste hartseer te beskerm, sal daar tog ’n keer kom wat hulle een of ander vorm van verlies ervaar en daaroor sal rou.

Die dood van hetsy ’n maat, familielid of troeteldier, is nie die enigste vorm wat verlies aanneem nie. Ook as ouers skei, verander ’n kind se lewe dramaties en kan hulle nét sulke heftige emosies beleef soos wanneer iemand sterf. Kinders is veerkragtig en kan met hulp weer hul lewens voortsit.

Dié boek bevat wenke, idees en ’n leesgids vir ouers, onderwysers, familie en vriende van kinders van alle ouderdomme. Die aktiwiteite in die boek help om spelenderwys ’n ruimte vir heling vir kinders te skep. Die pragmatiese en sensitiewe raad het ook ten doel om volwassenes ’n woordeskat te gee wanneer verdriet hulle tot stilte ruk.

SKRYWER: Solet Scheeres is ’n dosent in engels by D’Oultremontcollege in Drunen, Nederland en ’n skrywer van boeke vir kinders en jong volwassenes, onder meer Die leeutemmer se assistent en die geliefde Glam-divas-reeks wat meermale herdruk en heruitgegee is.