Jy sal oukei wees

R140,00

Dit is nie in die lewe se hoogtepunte of in swaarkrytye dat dit vir ons die moeilikste is om ons geloof uit te leef nie. Dit is meestal in die alledaagse, die doodgewone dae by die werk, by die huis, in ons motor. Dít is waar ons nie aldag weet hoe om bewustelik met God saam te leef nie.

Milanie Vosloo verstaan hierdie uitdaging om God in die hier en nou te beleef, van Hom bewus te raak en Hom te dien. En sy lei ons dieper die alledaagse in, dieper in God se teenwoordigheid in. Met praktiese raad en haar kenmerkende styl van bemoediging en begrip, werp sy lig op die kuns om ons geloof te lééf. Om stil te raak en te weet … God is hier, God is vir ons, God is naby in elke oomblik van elke dag.

Raak stil, en ontvang die genade-geskenk van elke dag met ope arms en ’n oop hart. Sodat jy ook in die alledaagse God se teenwoordigheid kan beleef.

SKU: 9781776160617 Categories: ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Elke dag ’n genade-geskenk

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 136

OPSOMMING: Dit is nie in die lewe se hoogtepunte of in swaarkrytye dat dit vir ons die moeilikste is om ons geloof uit te leef nie. Dit is meestal in die alledaagse, die doodgewone dae by die werk, by die huis, in ons motor. Dít is waar ons nie aldag weet hoe om bewustelik met God saam te leef nie.

Milanie Vosloo verstaan hierdie uitdaging om God in die hier en nou te beleef, van Hom bewus te raak en Hom te dien. En sy lei ons dieper die alledaagse in, dieper in God se teenwoordigheid in. Met praktiese raad en haar kenmerkende styl van bemoediging en begrip, werp sy lig op die kuns om ons geloof te lééf. Om stil te raak en te weet … God is hier, God is vir ons, God is naby in elke oomblik van elke dag.

Raak stil, en ontvang die genade-geskenk van elke dag met ope arms en ’n oop hart. Sodat jy ook in die alledaagse God se teenwoordigheid kan beleef.

SKRYWER: Milanie Vosloo is passievol daaroor dat gelowiges gereeld in die Gees en die Woord moet stil word. Sy is die skrywer van verskeie topverkoper- geestelike boeke en ’n sakevrou met haar eie reklame-agentskap. Milanie kan by [email protected] gekontak word.