Description
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 272
OPSOMMING: Kanaän is die grootse verhaal van twaalf families wat na ‘n woestyntrek van 40 jaar op die drumpel van hulle bestemming huiwer. Die grootse verhaal word vertel deur die oë van Itamar, die onwillige hoëpriester, Ragab die prostituut en Josua die leier wat altyd wag op die Wolk van die voorvaders se tyd. Lê die land wat aan hulle belowe is dan nie oorkant hierdie laaste rivier nie? Maar waar is God wat hulle daardeur moet lei? En wat lê anderkant die skrikwekkende mure van die stad Jerigo? Kanaän is die aangrypende verhaal van die universele verlange na ‘n ander lewe, die durende hoop op dieBeloofde Land. Van die bykans onnaspeurbare onderskeid tussen geloof, bygeloof en brutale ongeloof.
SKRYWER: Dr. Barend Vos is ’n bekende Christenskrywer en predikant. Hy is bekroon met ’n ATKV-veertjie vir een van sy LiG-stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies tot fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart.