Description
SUBTITEL: ’n Ses-weke-Bybelstudie oor Rut en Boas. Vir kleingroepe
FORMAAT: Boek
BLADSYE: 46
OPSOMMING: In hierdie 12 studies lei Jaco Thom kleingroepe om te gesels oor hoe God betrokke raak by die lewe van mense. Rut het haar skoonma, Naomi, by gestaan en in die proses hetsy die God van Israel ontdek en het daar vir haar ’n nuwe begin.
INHOUD
Die onderwerpe van hierdie studies sluit onder meer in:
1. Keuses wat jou iets kos
2. Waarom tref die ellende party mense?
3. Iemand wat ’n verskil maak
4. Ons werk, God se werk
5. Leef met integriteit
6. ’n Naamlose losser
Hierdie ses studies oor die boek Rut sal jou geloof versterk – jou geloof in die God wat elke dag op ’n ongelooflike manier sorg en voorsien.
SKRYWER
Jaco Thom is predikant van die NG gemeente Toringkerk in die Paarl, waar hy verantwoordelik is vir die kleingroepbediening van die gemeente. Hy is getroud met Elmien, ’n orrelis en musiekonderwyser. Hulle het drie dogters. Jaco het al verskeie Bybelstudieboeke die lig laat sien, en skryf verder veral Bybelse romans.