Kies die lewe

R280,00

Ivor Swartz is ’n depressiekenner. Hy leef al jare daarmee saam, hy aanvaar dit, hy hanteer dit. Hy kies die lewe.

In hierdie boek kyk Ivor na sy eie depressie, sy eie hulpkrete en pleit dat ons geen mens oordeel vir die keuses wat hulle in hulle donkerste oomblikke gemaak het nie.

Hy gesels oor depressie onder tieners en hoe ons kan help, en reik ‘n sagte hand uit na ouers wat ‘n kind aan selfdood verloor het.

Ivor gee ook spesiale aandag aan depressie onder mans en vra hoe kan gewone mense, geliefdes en die kerk depressielyers ondersteun.

In hierdie intense persoonlike, maar toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, hy vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons met die regte gesindhede hulle sal ondersteun.

SKU: 9780796323033 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Leer dans in depressie

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 240

OPSOMMING: Ivor Swartz is ’n depressiekenner. Hy leef al jare daarmee saam, hy aanvaar dit, hy hanteer dit. Hy kies die lewe.

In hierdie boek kyk Ivor na sy eie depressie, sy eie hulpkrete en pleit dat ons geen mens oordeel vir die keuses wat hulle in hulle donkerste oomblikke gemaak het nie.

Hy gesels oor depressie onder tieners en hoe ons kan help, en reik ‘n sagte hand uit na ouers wat ‘n kind aan selfdood verloor het.

Ivor gee ook spesiale aandag aan depressie onder mans en vra hoe kan gewone mense, geliefdes en die kerk depressielyers ondersteun.

In hierdie intense persoonlike, maar toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, hy vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons met die regte gesindhede hulle sal ondersteun.

SKRYWER: Ivor Swartz is ‘n bekroonde skrywer van Constantiapark, Pretoria. Hy is jeugleraar by Pretoria Oosterlig. Hy is getroud met Nadine en het ‘n seun, Luther. Hy was onlangs te sien in die Netwerk 24 tv-reeks Ons vir jou. Ivor het ‘n sterk sosiale media aanhang en is in September 2022 te siene op Via in die reeks Kies die lewe.