Description
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 56
OPSOMMING: Bybel-Media Bybelkor het ʼn reeks kinderprodukte ontwikkel in samewerking met Anthonie Bougas van Kleuterzone, ʼn KykNet-produksie. Hierdie nuwe boek is deel van die Kleuterpret/Kinderpret-reeks waarin die volgende boeke reeds verskyn het:
- Kleuterpret Snap-kaarte
- Kleuterpret My Bybelmense-inkleurboek (ook in Engels beskikbaar)
- Kinderpret Speelleer-aktiwiteitsboek oor die Ou Testament (ook in Engels beskikbaar)
Kinderpret – Speelleer-aktiwiteitsboek oor die Nuwe Testament
Hierdie speelleer-aktiwiteitsboek bevat 50 selfdoen-aktiwiteite oor belangrike tekste in die Nuwe Testament van die Bybel. Deur hierdie aktiwiteite ontdek kinders op ʼn prettige manier die 50 belangrikste verhale in die Nuwe Testament. Die aktiwiteite sluit in ontdek-die-verskille, inkleurprente, vind-die-paadjie en kleur-volgens-die-nommers-in. Speel-speel leer ken kleuters en kinders baie van die verhale wat deel van ons geloof vorm.
VERTELLERS
Anri van den Berg is ʼn gesins- en verhoudingsberader en het haar eie kleuterskool gehad.
Maartje van der Westhuizen is tans predikant by die NG Gemeente Elarduspark en fokus op kinder- en gesinsbediening.