Klankgrens

R280,00

Jy het by my verbygestrompel en op hierdie dubbelbed neergeval. Ek het jou na die koppenent se kant toe probeer sleep. Die man wat my knieë lam gemaak het wanneer hy in uniform tussen ander staan, was pap en swaar, ’n dronk pateet. Die Weermag, die noodlot, die sisteem — het ’n man en beskermer, ’n mens wat ’n morele leier kon gewees het, van my gesteel.

Die man op ons dubbelbed kon enigiets gewees het, enigiets. Maar jy moes drink om die oorlog in jou kop beëindig te kry. Die dampe van die drank in die vertrekke van ons huis was oorlogsdampe.

Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.

SKU: 9781776351237 Categories: ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: ‘n Oorlog teen geloof en hoop

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 320

OPSOMMING: Jy het by my verbygestrompel en op hierdie dubbelbed neergeval. Ek het jou na die koppenent se kant toe probeer sleep. Die man wat my knieë lam gemaak het wanneer hy in uniform tussen ander staan, was pap en swaar, ’n dronk pateet. Die Weermag, die noodlot, die sisteem — het ’n man en beskermer, ’n mens wat ’n morele leier kon gewees het, van my gesteel.

Die man op ons dubbelbed kon enigiets gewees het, enigiets. Maar jy moes drink om die oorlog in jou kop beëindig te kry. Die dampe van die drank in die vertrekke van ons huis was oorlogsdampe.

Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.

SKRYWERS: Maretha Maartens en haar emeritus-predikantman, woon in Bloemfontein. Sy was dosent in Didaktiek, Opvoedingsfilosofie en Engels voordat sy in die ondersteunende rol van leraarsvrou en voltydse skrywer ingestap het. Maretha is die skrywer van ongeveer 160 boeke, en het verskeie literêre toekennings ontvang.

Magda Slabbert woon in Bloemfontein en van kindsbeen af lê haar belangstelling in drama en kuns. Sy studeer grafiese ontwerp by Vrystaat Technikon en trou met haar skoolliefde. In 1983 begin haar lewe as die vrou van ‘n staandemag soldaat en ‘n natrekser by ‘n siviele ingenieursfirma. Sy is geregistreer as ‘n argitekstekenaar en geniet steeds hierdie beroep.