Kleuterkerk 2 – Aanbiedersgids

R155,00

Die Kleuterkerk Aanbiedersgids is ideaal vir kleuterkerk-byeenkomste, voorskoolse kategese, en ouers wat ‘n geloofservaring met hul kinders wil deel. Hierdie boek bied 25 aktiwiteite vol pret en leersame inhoud, elkeen met ‘n Bybelvers, ‘n boodskap, en ‘n gebed. Die prentjies en aktiwiteite sal jou kleuter se verbeelding prikkel terwyl hulle leer van Jesus se liefde vir hulle. Begin vandag jou reis van geloof en ontdekking met die Kleuterkerk Aanbiedersgids!

Voorbeeld van Kleuterkerk 2 – Aanbiedersgids

Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Vir 2-5-jariges

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 96

OPSOMMING: Kleuterkerk 2 Aanbiedersgids is ʼn uitstekende hulpmiddel vir enige gemeente se kinderbediening. Die 25 aanbiedings in hierdie boek bevat alles wat jy nodig het om jong kinders van 2-5 te laat ervaar dat Jesus baie lief is vir hulle, om hulle meer van die Here Jesus te leer en om hulle te lei om ʼn persoonlike verhouding met die Here te bou.

Elke aanbieding bestaan uit die volgende elemente om jou te help om die kinders se ervaring positief en verrykend te maak:

  • Geselstyd
  • Singtyd
  • Bybeltyd
  • Doentyd
  • Bidtyd

Die eenvoudige aktiwiteite help om die boodskap van elke aanbieding by die kinders vas te lê.

Voorbeeld van Kleuterkerk 2 – Aanbiedersgids

SKRYWERS
Marié Loubser is ‘n graad 1-opvoeder wat elke dag ‘n godsdiensperiode saam met haar kinders geniet.
Elma Visagie is ‘n gekwalifiseerde jeugwerker met jare lange ervaring en kinders van haar eie.