Description
Kolossense: Die nuwe volkome onvolmaakte jy
FORMAAT: Boek
BLADSYE: 62
OPSOMMING: Die apostel Paulus se brief aan die gelowiges in Kolosse is vurig en baie persoonlik, maar sy doel met hierdie brief was dat almal wat dit sou ontvang dit sou lees – en dit sluit jou in. Hy skryf hier oor twee dinge wat nooit sal verdwyn nie en nooit onbelangrik sal word nie:
· wie Christus is, en
· dat almal wat in Hom glo uit sy krag kan leef
. Dit sal waarskynlik die belangrikste brief wees wat jy ooit in jou lewe lees. Hierdie brief het al miljoene mense in die hele wêreld oor baie eeue heen diep geraak. Paulus praat hier oor radikale verandering. Verandering so diep en verbysterend dat dit net beskryf kan word as om te sterf en weer lewend te raak. In hierdie brief ontdek ons Wie alles bymekaarhou, Wie ons verander en ons nuut maak – Jesus Christus, die lewende Seun van God – sodat ons vir ewig en altyd by God kan leef.
INHOUD
Kaart: Kolosse in die Romeinse Ryk
Woordelys
Hoe om hierdie studie te gebruik
Inleiding
Les 1:
’n Brief stampvol gebede
Les 2:
Jesus, groot bo almal
Les 3:
Weggelok van al wat saak maak
Les 4:
Nuwe klere
Les 5:
Dit gaan oor verhoudings
’n Uitnodiging en ’n toewydingsgebed
Evalueringsvraelys
SKRYWERS
Edi Bajema is ’n gerespekteerde skrywer van ’n bekende uitgewery wat noue bande met die Christian Reformed Church in die VSA het.