Description
SUBTITEL: Die beste gebak
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 192
OPSOMMING: As die bakgogga byt, of jy hunker na die vertroostende smaak van tradisionele tuisgebak, is die nutste toevoeging toto die Landbou Boerekos-trefferreeks, Landbou Boerekos – Die beste gebak net die regte boek om nader te trek.
Die boek bied ‘n omvattende versameling bakresepte uit die gewilde kostydskrif, Landbou Boerekos. As jy dus al ooit jou Ouma se verlore gemmerkoekie- of skonresep gesoek het, of jou mond water vir enigiets van stroopkoek tot soutbrood, kleinkoekies tot kaaskoek, beskuit, kolwyntjies, gebakte warm poedings en Kersfeesgebak, is hierdie boek vir jou.
‘n Móét vir elke bakliefhebber.
SKRYWER: Arina du Plessis