Description
SUBTITEL:Hoe die doop ons help om saam met Jesus te leef
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 32
OPSOMMING: Hierdie gids vir hoërskool-leerders, wat oor ses weke strek, is spesifiek ontwerp om jongmense te help om twee dinge met hulle doop te doen:
• om uit hulle doop te leef – om alles wat die doop uit genade vir hulle gee, te ontvang en te gebruik.
• om hulle doop uit te leef – om te doen waartoe hulle doop hulle uitdaag en roep.
Leef uit jou doop help jongmense om die lewende God op ʼn nuwe manier te leer ken – die God in wie se Naam hulle gedoop is en in wie se teenwoordigheid hulle elke dag leef.
Hulle sal besef hoe belangrik hulle doop is, dat Jesus na hulle toe gekom het en hulle liefhet, net soos hulle is, en dat die geskenke wat Hy deur die doop vir hulle gee, hulle ’n ander mens maak.
INHOUD
Inleiding
Week 1: Jy is gedoop … jy het plek in die span
Week 2: Die doop connect jou met Jesus
Week 3: Die doop was jou skoon
Week 4: Die doop gee die gawe van die Heilige Gees
Week 5: Deur die doop gee Jesus vir jou mense
Week 6: Jesus is Koning
Elke tema sluit in:
• ʼn leesstuk vir nadenke
• ʼn Bybelgedeelte
• ʼn video om te kyk
• ʼn plek om gedagtes neer te skryf.
SKRYWER
Christi Thirion is predikant by die NG gemeente Kenridge.