LP3 Jaar 1 – Die coolste plan – Junior werkboek

R100,00

Ontdek die opwindende reis deur die Bybel met LP3 Jaar 1 se “Die Coolste Plan” Junior Werkboek!

Spesiaal ontwerp vir graad 1-3, bied dit ‘n kleurryke, interaktiewe ervaring. Elke les bring die Bybel tot lewe met volkleur panele en boeiende aktiwiteite.

Hierdie werkboek, saam met die Aanbiedersgids, is ‘n waardevolle hulpmiddel vir volwasse leiers en kategete om die geloof met kinders te deel. Met maklik verstaanbare taal en uitdagende inhoud wat die geloofslewe vir kinders op ‘n opwindende manier ontsluit.

SKU: 9781920089672 Categories: , , , , Tag:
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Kategese Graad 1-3

FORMAAT: Boek

OPSOMMING: Die storielyn  van die Bybel word uitgebeeld met 12 kleurvolle panele met prente van persone en gebeure. Hierdie produk bied op ‘n oorsigtelike manier die Bybel lewendig en opwindend aan vir elke kind en volwasse groepleier.

Een van ons grootste probleme is sonde. Ons kan dit nie oplos nie. Gelukkig was Jesus se geboorte deel van die Here se plan om ons probleem op te los. Jesus het na ons toe gekom om hierdie probleem vir altyd van ons af weg te neem.

  • Nuwe konsep
  • Spesifiek ontwikkel vir junior kategese
  • Omvattende leiersgids in formaat wat die leiers verkies
  • Omvattende en opwindende aktiwiteite
  • Elke ontmoeting het ‘n pasklaar PowerPoint (op CD)
  • Volkleur
  • Interaktief
  • Gebruik Bybelvertalings wat maklik verstaanbaar is vir kategete
  • Integrering met huidige LP3 inhoud en komponente
  • Opwindende volkleur ontwerp
  • Maklik verstaanbare taal
  • Uitdagende en interaktiewe aktiwiteite
  • Opsomming vir ouers van elke les sodat lesse tuis opgevang kan word
  • Word gebruik saam met die huidige panele van LP3.

Hierdie produkreeks bestaan uit drie komponente:

  • Junior werkboek vir graad 1-3
  • Senior werkboek vir graad 4-6
  • Aanbiedersgids (CD)

SKRYWER: Waldemar Stumpfe en Heinrich Viljoen met erkenning aan Charl van Rensburg en Carla van Straaten

You may also like…