LP3 Jaar 2 – Wys my die weg – Junior werkboek (Graad 1-3)

R100,00

Ontdek die opwindende reis deur die Bybel met LP3 Jaar 2 – Wys my die weg – Junior werkboek (Graad 1-3)!

Spesiaal ontwerp vir graad 1-3, bied dit ‘n kleurryke, interaktiewe ervaring. Elke les bring die Bybel tot lewe met volkleur panele en boeiende aktiwiteite.

Hierdie werkboek, saam met die Aanbiedersgids, is ‘n waardevolle hulpmiddel vir volwasse leiers en kategete om die geloof met kinders te deel. Met maklik verstaanbare taal en uitdagende inhoud wat die geloofslewe vir kinders op ‘n opwindende manier ontsluit.

My aardse lewe is die pad waarop my drome waar kan word. God kom stap saam met my en help dat my drome vol liefde vir mense word. So padlangs wys Hy my om lief te hê soos wat Hy liefhet. Dit is sy pad vir my!

Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Vir graad 1-6

FORMAAT: Boek

OPSOMMING: My aardse lewe is die pad waarop my drome waar kan word. God kom stap saam met my en help dat my drome vol liefde vir mense word. So padlangs wys Hy my om lief te hê soos wat Hy liefhet. Dit is sy pad vir my! 

 INHOUD

Beste groepleier

Nuwe Testament

1. Toergids asseblief! (Luk 2:40-5
2. Waarheen? Outsiders toe! (Luk 4:14-22, 28-30)

Lydenstyd
3. Ek dra ʼn kruis (Luk 9:18-20)
4. Langs my pad ontmoet ek my naaste (Luk 10:25-37)
5. Net geld, geld, geld (Luk 12:13-34; 1 Pet 5:7)
6. Ek kan voor begin (Luk 15:1-32)
7. Hier gedoen, daar geland (Luk 16:13-31)
8. Jesus plaas my sing-sing op my pad (Luk 22:1 – 23:47)

Opstandingstyd
9. Jesus loop saam (Luk 24:1-35)
10. Jesus help my verstaan (Luk 24:36-49)
11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) (Luk 24:50-53; Hand 1:1-11)

Pinkstertyd
12. Die Heilige Gees, my Helper (Hand 2:1-42)
13. In watter groep loop ek? (Hand 2:41-47)

Koninkrykstyd
14. Verrassings (Hand 2:40-41, 43; 3:1-21; 4:1-20)
15. Nog verrassings, maar ook slaggate (Hand 4:23-24, 28-31; 5:12-42)

Ou Testament

Koninkrykstyd
16. Op ʼn slegte plek (Eks 1:1-22)
17. God hoor sy kinders roep (Eks 2:1-25)
18. God se plan kry spoed (Eks 3:1-17; 4:1-18)
19. God lei sy volk uit die slegte plek (Eks 5:1-21; 7:14-10:27; 12:1-32)
20. God se pad loop deur die water (Eks 13:17-18, 20-22; 14:1 – 15:2)
21. God gee vir sy volk padkos (Eks 15:22-27; 16:1-30; 17:1-7)
22. Reëls vir die pad – die Padmaker (Eks 19:1-9a, 16-19; 20:1-11)
23. Reëls vir die pad – die padgebruikers (Eks 20:2-17; 1 Joh 1:7,9)
24. ʼn Groot fout langs die pad (Eks 24:1-2, 12-18; 32:1-15,19,20)
25. ʼn Rusplek (1) (Eks 25:10,17-18, 23,30,31,37; 26:1,33, 35-36; 30:1, 7-8)
26. ʼn Rusplek (2) (Eks 40:16-38)
27. Ons gee om (Eks 25:1-15, 39-42)
28. Ons kyk vorentoe (Num 13:1-33; 14:1-25)
29. Pasop vir die slange! (Num 21:4-9; Deut 8:15-18; 2 Kon 18:4; Joh 3:12-17)

Vervroegde Advent
30. God is by ons (Matt 1:18,19; 20:19-25; 28:18-20)

Kaarte

Ander hulpmiddels