LP3 Jaar 3 – Ene ore! Nuwe maniere – Junior werkboek

R100,00

Ontdek die opwindende reis deur die Bybel met LP3 Jaar 3 – Ene ore! Nuwe maniere – Junior werkboek!

Spesiaal ontwerp vir graad 1-3, bied dit ‘n kleurryke, interaktiewe ervaring. Elke les bring die Bybel tot lewe met volkleur panele en boeiende aktiwiteite.

Hierdie werkboek, saam met die Aanbiedersgids, is ‘n waardevolle hulpmiddel vir volwasse leiers en kategete om die geloof met kinders te deel. Met maklik verstaanbare taal en uitdagende inhoud wat die geloofslewe vir kinders op ‘n opwindende manier ontsluit.

Hoe voel jy wanneer jy met iemand praat en hulle luister nie na jou nie? Dit is nie lekker nie, of hoe? Die Here praat ook met ons, en Hy is net so hartseer wanneer ons nie luister na wat Hy sê nie. In Ene ore! Nuwe maniere leer ons uit die Bybel en uit die voorbeeld van Bybelkarakters hoe om na die Here te luister en dan nuut te gaan leef.

Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Junior werkboek (Jaar 3) Graad 1-3

FORMAAT: Boek

OPSOMMING: Hoe voel jy wanneer jy met iemand praat en hulle luister nie na jou nie? Dit is nie lekker nie, of hoe? Die Here praat ook met ons, en Hy is net so hartseer wanneer ons nie luister na wat Hy sê nie. In Ene ore! Nuwe maniere leer ons uit die Bybel en uit die voorbeeld van Bybelkarakters hoe om na die Here te luister en dan nuut te gaan leef.

INHOUD

Beste Ouer

1. God praat, Josef hoor

2. Johannes doop vir Jesus

3. Jesus oorwin versoekings

4. Jesus roep sy dissipels

5. Geseënde mense leef anders

6. Geseënde mense dink aan ander

7. Geseënde mense leef soos Jesus

8. Volgelinge van Jesus is soos sout en lig

9. Ons Vader – dink anders oor gebed

10. Ons Vader – vra anders wanneer jy bid

11. Ons Vader – vergewe anders

12. Hoor en doen – die saaier

13. Hoe lyk jou leefstyl?

14. Gereed vir God se nuwe wêreld

15. Baas-klaas of ouer-kind?

16. Hoor die donkie

17. Luister, kinders van die Here

18. Leiers wissel; God bly

19. ’n Teken van genade

20. Die Here doen magtige dade

21. Wat vra die Here van ons?

22. Die Here hoor sy kinders

23. Die Gees van die Here lei vir Simson

24. Die Here hoor hoe Simson roep

25. Rut maak ʼn keuse

26. Aan die Here kom die lof toe

27. Die Here verander trane in blydskap

28. Toe ore!

29. Praat, Here, u dienaar luister

30. Genade vir jou

KEUSE-KATEGESE: Hierdie reeks hulpmiddels help jou om die kinders en jongmense te lei om op ʼn interaktiewe manier self meer oor God en hulle geloof te ontdek. Die deelnemersgidse bevat ʼn wye reeks saamdoen- en ontdekkingsaktiwiteite.