Description
SUBTITEL: LP3 – Jaar 5 Graad 4-6
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 802
Hierdie produkreeks bestaan uit drie komponente:
• Junior werkboek vir graad 1-3
• Senior werkboek vir graad 4-6
• Aanbiedersgids (CD)
Hierdie kategese-reeks is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode met die oog op die geloofsvorming van laerskoolleerders (graad 1-6).
PRODUKINLIGTING
Werkboeke (Junior en Senior)
• Vrolike volkleurontwerp
• Interaktiewe aktiwiteite
• Word gebruik saam met huidige LP3-panele en -portrette
Aanbiedersgids op CD
• Eenvoudige aanbieding
• Een leiersgids vir graad 1-6
• Volledige opsomming van die hoofpunte en besonderhede van elke ontmoeting
• Alle bykomende hulpmiddels
• Integrasie met huidige LP3-inhoud en -komponente
• Gemeentes mag aanbiedersgids vir groepleiers uitdruk
OPSOMMING: Wil jy graag meer ontdek oor wat jy regtig glo en bely wanneer jy sê jy is lief vir Jesus en volg Hom?
Hierdie jaar gaan ons meer leer oor die Apostoliese Geloofsbelydenis en ontdek wat ons met elke artikel bely. Ons gaan ook kyk na die lewe van verskillende profete en konings van die Ou Testament.
Hierdie jaar se ontmoetings bevestig: Wow! Alles wat ons van Jesus weet en glo, is waar!
INHOUD
Nuwe Testament
Epifanie
En dié wyn?
In die pikdonker nag
Jesus praat met haar
Uiteindelik gesond!
Lydenstyd
Ek glo in God die Vader
Ek glo in Jesus Christus
Ek glo Jesus het afgekom aarde toe
Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe
Opstandingstyd
Ek glo Jesus het opgestaan
Ek glo Jesus is terug hemel toe
Ek glo Jesus kom weer
Pinkstertyd
Ek glo in die Heilige Gees
Ek glo aan die kerk
Ek glo my sondes word vergewe
Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe
Ou Testament
Koninkrykstyd
Dit sal nie opraak nie
En die wenner is …
Naäman word gesond
En toe word dit moontlik
Dan moet jy maar voel
Glo maak soms seer
Nog ʼn kans
Tot in die afgrond
Die jongste koning
Ja, Jeremia, jy kan!
Al sou wat gebeur …
Wees gewaarsku
Dit help net mooi niks nie
Lig anderkant die tonnel
So duidelik soos daglig
SKRYWER
Paul du Toit (redakteur) en verskeie medewerkers uit verskillende provinsies in Suid-Afrika