Description
SUBTITEL: Ware lewensverhale uit die harte van bekende sportlui met getuienisse oor God se goedheid
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 260
OPSOMMING: Hoe klink God se stem?
Druis dit oor waters en laat dit die donderweer dreun? Is dit magtig, vol majesteit wat kan oopkloog en laat bewe (Psalm 29)? Of is Sy stem die van ‘n stil sagte stem wat vrede, liefde en bevestiging bring (1 Konings19)?
In die Luister: God Se Stem In My Lewe, ontmoet jy die karaktereienskappe van ‘n lewende God deur die oё en lewenservaringe van Suid-Afrikaanse sportpersone soos Neil Powell, Duane Vermeulen, Sandile ‘Stix’ Ngcobo, Vernon Philander en Mignon du Preez.
Skrywer Karien Basson vertel die passievolle stories oor elkeen se liefde vir sport, hul uitdagende tye en ‘n persoonlike ontmoeting met God uit die monde en harte van bekende sportlui. Stap saam deur die lewens van 40 verskillende sportsterre wat sonder huiwering erken; “God is net goed. Ons is almal onvolmaakte mense wat ‘n volmaakte God dien en sonder nog ‘n kans sou ons verlore gewees het.”
SKRYWER: Karien Basson is ‘n gesertifiseerde NLP-Lewensafrigter en maak deel uit van die span van Finesse Voelgoed Tydskrif as redakteur van Vroue wat Glo. Ná meer as 20 jaar in die mediabedryf as bestuurder, skakelbeampte, joernalis en radio- en TV-aanbieder vind sy steeds ‘n rede om nog ‘n storie te vertel, want die passie vir God en mense is opreg. Sy is ‘n spreker en skrywer van ‘n paar gepubliseerde titels in samewerking met CUM Boeke en Carpe Diem Media. Karien is ook ‘n marathon-atleet wat al die Twee Oseane-ultra-marathon en die Comrades-marathon aangedurf het.