Description
Matteus 17 – 28: Bang maar bly. Matteus kleur sy getuienis oor Jesus op sý manier in.
Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 424
BYSKRYWING: Matteus 17 begin met drie bang dissipels. Matteus 28 eindig met twee bang vroue. Tydens die verheerliking op die berg, toe Jesus se voorkoms voor hulle oë verander het, het Jesus sy dissipels aangeraak en vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie.”
By die leë graf, tydens ʼn geweldige aardbewing, het ʼn engel van die Here aan twee vroue verskyn en vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie.”
Op pad na die dissipels om vir hulle die boodskap te gee dat Jesus uit die dood opgestaan het, het Jesus voor die vroue gestaan en vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie.”
Tussen die verheerliking op die berg en die leë graf verraai Judas vir Jesus, die dissipels verdwyn, die leiers van die volk konkel, Petrus verloën vir Jesus, Pilatus verklaar Jesus onskuldig, die skare eis Jesus se bloed en Jesus hang aan ʼn kruis.
Nie die kruis nie, maar die leë graf het die laaste sê. Ja, Jesus het die laaste sê toe Hy verkondig: “Ek is by julle al die dae.”
Daarom kan ons bly wees.
INHOUD
24 hoofstukke met ʼn vers-vir-vers-verklaring van Matteus 17 – 28
SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek.
Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.